Covid-19: 242 sterf in 1 dag
Daar is Woensdag 2 015 nuwe gevalle van die virus in China bevestig.
'n Rekordgetal mense is Woensdag aan die nuwe coronavirussiekte, wat nou as covid-19 bekend staan, in die Hubei-provinsie in China dood.
Dit volg 'n dag nadat China se voorste mediese adviseur die uitspraak gemaak het dat hy dink die verspreiding van die virus begin stabiliseer. Die vorige dag is die laagste getal nuwe gevalle aangemeld sedert die virus uitgebreek het.
Zhong Nanshan se uitlating dat die virus teen April onder beheer kan wees, is egter begroet deur skeptisisme uit verskeie oorde en dit blyk nou met goeie rede.
In Hubei is 242 mense Woensdag dood, wat die dodetal in dié provinsie tot 1 310 gevalle opgestoot het. Die vorige rekordgetal mense wat op een dag aan covid-19 dood is, is op 10 Februarie aangeteken toe 103 mense dood is.
Die getal mense wat die virus opgedoen het, het ook aansienlik toegeneem. Daar is Woensdag 2 015 nuwe gevalle van die virus in China bevestig, terwyl 14 840 gevalle Donderdag nét in die Hubei-provinsie aangemeld is.
Die owerhede het nou 'n nuwe metodologie aangeneem om rekord te hou van die gevalle, maar Reuters berig dit is nog nie duidelik of die nuwe metodologie die syfers beïnvloed nie.
Tedros Adhanom Ghebreyesus, hoof van die Wêreldgesondheidsorganisasie (WHO), waarsku mense om steeds baie versigtig te wees wanneer daar gesê word dit lyk asof die verspreiding van die virus afneem.
“Die uitbreking van die virus kan nog in enige rigting beweeg,” het hy op 'n mediakonferensie in Genève, Switserland, gesê.
CNN berig meer as 1 300 mense is reeds wêreldwyd aan covid-19 dood, terwyl daar meer as 60 000 gevalle wêreldwyd is.
Die WHO hanteer covid-19 as 'n wêreldwye krisis. Gevalle is in meer as 20 lande aangemeld nadat dit in Desember 2019 in die stad Wuhan in die Hubei-provinsie uitgebreek het. – Netwerk24/Reuters

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie