Covid-19: Agribank bied reddingsboei vir landbou
Agribank het ’n Covid-19 verligting- en stimuluspakket aangekondig wat op 1 Junie in werking tree.
Elvira Hattingh – Agribank-kliënte sal voortaan vir ’n paaiementvakansie van tot een jaar kan kwalifiseer, terwyl rentekoerse verlaag word, stimuluslenings beskikbaar gestel sal word en bestaande lenings herstruktureer kan word.
Agribank het vroeg verlede week ’n Covid-19 verligting- en stimuluspakket aangekondig wat op 1 Junie in werking tree.
“Dit is ontwikkel ná ’n uitgebreide konsultasieproses met sleutelpersone in die landbousektor, asook die bank se aandeelhouers,” het mnr. Sakaria Nghikembua in ’n nuusverklaring gesê. Hy is die bank se uitvoerende hoof.
Om vir die paaiementvakansie in aanmerking te kom, moet kliënte in ’n aansoek kan bewys dat hulle deur die Covid-19 pandemie geraak is.
“Kliënte se aansoeke sal individueel en op meriete oorweeg word. Die paaiementvakansie sal tot 31 Mei 2021 geld en beteken dat kliënte wat kwalifiseer nie hul jaarlikse paaiement hoef te betaal nie,” het Nghikembua gesê.
Die terugbetalingsvakansie is van toepassing op kapitaal en rente op ’n paaiement. Die paaiement word gekapitaliseer en ’n bykomende jaar word by die kliënt se leningstermyn gevoeg. Kliënte kan egter ook kies om hul oorspronklike leningstermyn te behou.
Nghikembua het verder verduidelik agterstallige betalings sal nie gekapitaliseer word nie, maar boetes op agterstallige bedrae sal tydens die volgende 12 maande van 2% tot 1,5% verlaag. Hy het ook gesê sou ’n kliënt vir die paaiementvakansie goedgekeur word, is dit van toepassing op alle lenings wat ’n kliënt by Agribank het.
Hy sê egter kliënte sal steeds verantwoordelik wees vir sekuriteitsdekking op lenings.
Kliënte kan aansoekvorms by Agribank-takke asook op die bank se webwerf kry.
RENTE
Wat rente betref, sê Agribank dit sal koerse van hoër as 8,5% met ’n halfpersent verlaag, terwyl rentekoerse van tussen 8,1% en 8,49% na 8% verlaag sal word. Die onder 8% bly onveranderd, terwyl boetes op agterstallige rente tydens die komende twee maande van 2% na 1,5% verlaag sal word.
Nghikembua sê die bank is besig om reëlings te tref sodat lenings aan boere en landbou-sakeondernemings ter waarde van N$200 miljoen toegestaan kan word. Dit word gedoen om produksie te stimuleer en boere te help om hul bronne van inkomste uit te brei en die uitdagings van die pandemie die hoof te bied.
Die bank sal later aankondig wanneer die stimuluslenings beskikbaar is, maar ’n grasietydperk van maksimum 12 maande sal deel van die ooreenkoms vorm.
AGTERSTALLIGE KLIËNTE
Wat agterstallige kliënte en die herstrukturering van lenings betref, kan kliënte teen wie daar nog nie regsaksie geneem is nie, vir 10% van hul agterstallige rekening van die swartlys afgehaal word. Lenings kan herstruktureer word wanneer dié kliënte 20% van hul agterstallige rekening kan vereffen.
“Dit beteken dat ’n kliënt wat beide van die lys verwyder wil word én sy lening wil herstruktureer, 20% van sy agterstallige bedrae moet betaal,” het Nghikembua gesê.
Agribank sê in gevalle waar regstappe reeds teen ’n agterstallige kliënt geneem is, kan hulle ontlys word as hulle 10% van die uitstaande agterstallige skuld vereffen. Vir die herstrukturering van lenings moet hulle egter 20% betaal – mits hul op datum met hul herbetalingsooreenkoms is. Indien nie, moet hulle 30% van agterstallige gelde vereffen voordat herstrukturering van lenings kan plaasvind.
In gevalle waar daar reeds hofuitsprake oor agterstallige rekeninge was, sal die bank vir eers nie verder optree nie as die impak van Covid-19 bewys kan word, of ná die suksesvolle herstrukturering van leningooreenkomste.
“Waar regsaksie begin het maar nie afgehandel is nie, sal die bank vir eers nie verdere stappe neem nie, indien die kliënt skriftelik erkenning gee dat hulle agterstallig is, die impak van die Covid-19 pandemie kan bewys of toepaslike afbetaling op agterstallige bedrae kan maak.
“Die bank sal ook nie nou optree in gevalle waar regstappe nog nie geneem is nie, mits dié kliënte ook die impak van die pandemie kan bewys, of hul agterstallige geld afbetaal.”
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie