Covid-19: Bevestigde gevalle styg met twee
Namibië het nog twee bevestigde gevalle van Covid-19 die afgelope 24 uur in die land aangeteken. Dit bring die totaal bevestigde gevalle op 34 te staan. Volgens die minister van gesondheid en maatskaplike dienste dr. Kalumbi Shangula is geval 33 'n 35-jarige Namibiese man met Suid-Afrikaanse burgerskap wat op 12 Junie in Namibië aangekom het en op 14 Junie in kwarantyngeriewe in Windhoek opgeneem waar hy positief getoets het. Geval 34 is 'n kontak en kollega van geval 32 wat saam met haar by korrektiewe dienste in Walvisbaai werk.
Shangula het ook verwys na twee Namibiese vragmotorbestuurders wat in Botswana onderweg na Suid-Afrika positief vir Covid-19 getoets het. Beide is tans in 'n bevredigende toestand in isolasiegeriewe in Gobabis. Volgens protokol van die Wêreldgesondheidsorganisasie (WHO) word dié gevalle nie onder die van Namibië gereken nie, maar wel volgens die land waar hulle getoets is.
Volgens Shangula het geval 28 nou ten volle herstel wat die getal op 18 uit die 34 bevestigde gevalle te staan bring. Tot op hede is 5 919 weefselmonsters getoets en is 612 mense tans in kwarantyn in geriewe oraloor in die land.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie