Covid-19 briek immunisering
Die ontwrigting in immuniseringsprogramme weens Covid-19 kan maak dat vooruitgang wat in dié verband gemaak is, van die tafel afgevee word.
Henriette Lamprecht – Die waarskynlikheid dat 'n kind wat vandag gebore word teen die ouderdom van vyf ten volle geïmmuniseer sal wees, met al die globaal-erkende entstowwe, is minder as 20%.
Volgens die Wêreldgesondheidsorganisasie (WHO) en die Verenigde Nasies se Kinderfonds (Unicef) het die aantal kinders wat lewensreddende entstowwe oraloor die wêreld ontvang, drasties afgeneem.
Dit is grootliks te wyte aan die aflewering en uitvoer van immuniseringsdienste wat deur die Covid-19-pandemie veroorsaak is.
So groot is die ontwrigting dat verbetering soos die uitbreiding van die HPV-entstof aan 106 lande en groter beskerming vir kinders teen meer siektes heeltemal van die tafel afgevee kan word.
Volgens nuwe data dreig dié ontwrigting om vooruitgang om te keer wat gemaak is om meer kinders en tieners met 'n breër reeks entstowwe te bereik.
Voorlopige data vir die eerste vier maande van 2020 wys 'n beduidende afname in die aantal kinders wat drie dosisse van die entstof teen onder meer tetanus voltooi.
Dit is die eerste keer in 28 jaar dat die wêreld 'n afname in DTP3-dekking, die merker vir immuniseringsdekking binne en oraloor lande, kan sien.
“Entstowwe is een van die magtigste toerusting in die geskiedenis van openbare gesondheid en meer kinders word nou ingeënt as vroeër,” sê dr. Tedros Adhanom Ghebreyesus, WHO se direkteur-generaal.
ENTSTOWWE
“Die pandemie veroorsaak egter die risiko dat ons dit kan verloor.
Die voorkombare lyding en sterftes wat veroorsaak word as kinders nie hul roetine-immuniserings kry nie, kan baie groter wees as Covid-19 self,” het hy gemaan.
Hy het egter beklemtoon entstowwe kan tydens die pandemie veilig afgelewer word.
Weens die pandemie kan ten minste 30 immuniseringsveldtogte teen masels gekanselleer word wat tot verdere uitbreke in 2020 kan lei.
Volgens 'n opname deur WHO en Unicef en in samewerking met onder meer die Amerikaanse sentrums vir siektebeheer het driekwart van die 82 lande in Mei ontwrigtings in hul immuniseringsprogramme gehad.
VERTRAGINGS
Selfs al word die dienste aangebied, is mense traag om hul huise te verlaat, vervoer is ontwrig, hul beweging word beperk of hulle het nie geld om die klinieke te besoek nie.
Baie gesondheidswerkers is ook onbeskikbaar as gevolg van reisbeperkings of hulle is by Covid-19-verwante dienste ontplooi.
In 2019 het byna 14 miljoen kinders nie lewensreddende entstowwe teen onder meer masels ontvang nie.
Die meeste van die kinders woon in Afrika. Twee derdes van hulle is in tien middel- en lae-inkomsteland en wat Angola, die Demokratiese Republiek die Kongo, Ethiopië en Nigerië insluit.
Tog is daar wel vooruitgang gemaak. Streekdekking vir die derde doses van DTP in Suid-Asië het met 12 persentasiepunte oor die laaste tien jaar in veral Indië, Nepal en Pakistan gestyg. Dié vooruitgang is egter deur Covid-19-verwante ontwrigtings ongedaan gemaak.
Volgens Unicef se opname kan lande wat beduidende vooruitgang gemaak het, wat Ethiopië en Pakistan insluit, nou terugval as immuniseringsdienste nie so gou as moontlik weer herstel nie.
Die situasie wek veral kommer in Latyns-Amerika en die Karibiese eilande. In Brasilië, Bolivië, Haiti en Venezuela het dekking met ten minste 14 persentasiepunte sedert 2010 geval.
Unicef sê hy gaan nou in 'n poging om die ontwrigtings hok te slaan, ondersteuning bied aan lande om dienste so spoedig moontlik te herstel.
Dit sluit die uitbreiding van roetinedienste in om gemeenskappe te bereik wat voorheen gemis is en waar sommige van die mees weerlose kinders woon.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie