Covid-19 briek Switserse kulturele uitruilprogram
Henriette Lamprecht
Die wêreldwye uitbreking van covid-19 het veroorsaak dat twee Namibiese graad 10-leerlinge nie meer aanstaande week aan 'n internasionale koor- en musiekuitvoering in Switserland kan deelneem nie.
Richter van Rooyen en Jani Liebenberg, albei leerlinge aan die Windhoek Afrikaanse Privaatskool, sou Saterdag na die Switserse dorp Disentis vertrek – 'n bekende geskiedkundige dorp in die St. Gotthardstreek in die hart van die Switserse Alpe en die oorsprong van die Rynrivier.
Jani en Richter sou aan 'n twee weke lange kultuur- en kooruitruilprogram van die private skool Gymnasium & Internat Kloster Disentis deelneem, wat studente in staat stel om deel te wees van 'n koor- en orkestoer saam met meer as 140 deelnemers in katedrale en kerke in Switserland.
Instrumentiste en operasangers van oraloor Europa sou ook aan die uitvoerings deelneem.
Alle optredes vir Der Fels und das Schwert, wat van 13 tot 15 Maart sou plaasvind, is nou gekanselleer.
Die twee graad 10-leerlinge moes deur 'n streng keuringsproses gaan en is soos die res van die deelnemers op meriete gekies.
Volgens 'n amptelike omsendbrief wat deur Gymnasium & Internat Kloster Disentis aan ouers gestuur is, volg die besluit om vanjaar se uitruilprogram te kanselleer onder meer 'n verbod wat die Switserse regering op geleenthede in die land geplaas het, wat meer as 1 000 mense betrek.
Volgens die skool sal dit help om die verspreiding van die siekte in Switserland te voorkom of vertraag.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie