Covid-19: Donderdag se data
Covid-19: Donderdag se data

Covid-19: Donderdag se data

Dani Booysen
Laboratoriums in Namibië het Donderdag 4 350 nuwe toetsmonsters verwerk waarvan 56% positief was.
Die land se totale gevalle sedert Maart 2020 groei hiermee met 2 428 tot 83 698.
Onder die nuwe gevalle tel 341 skoliere, 21 onderwysers en 32 gesondheidswerkers.
Nog 40 sterftes is aangekondig. Die totale dodetol styg sodoende tot 1 345 (1,6% van positiewe gevalle, sowat 2 uit 100).
Die nuwe sterftes is soos volg versprei per distrik:
Windhoek 12, Oshakati 9, Swakopmund 6, Mariental 4, Okakarara 3, Okahao 2, Oshikuku 2, Rehoboth 1, Okahandja 1
Teen Donderdag was 528 persone weens Covid-19 gehospitaliseer en 81 was in intensiewe sorg.
In Windhoek is 1 244 nuwe gevalle aangeteken en 201 op Gobabis.
Ander syfers (tien en meer):
Rundu 152, Swakopmund 123, Rehoboth 107, Oshakati 101, Eenhana 79, Walvisbaai 67, Onandjokwe 50, Outapi 48, Lüderitz 43, Tsumeb 36, Keetmanshoop 30, Karasburg 24, Mariental 24, Okakarara 13, Okahao 12, Otjiwarongo 10, Tsandi 10, Usakos 10
Gesondheidsowerhede het Donderdag 1 097 gevalle as herstel verklaar. Die totale herstelsyfer staan op 63 357, oftewel 76% van positiewe gevalle.
Aktiewe gevalle was teen Donderdag 18 985 en 4 126 persone was in staatsgoedgekeurde kwarantyngeriewe gehuisves.
Donderdag het nog 3 179 mense ‘n eerste dosis entstof ontvang en 790 het die kursus van twee spuite voltooi.
Totale inentings het gestaan op 115 947 eerste dosisse en 23 075 mense was volledig geïmmuniseer.
Volgens die ministerie het net 28 van alle bevestigde gevalle tot op datum ‘n eerste dosis entstof ontvang. Een persoon het twee dosisse van AstraZeneca ontvang en positief getoets.

Kommentaar

Republikein 2025-04-08

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer