Covid-19 dwing Italiaanse sokker op sy knieë
Sokker
Hoewel die nuwe Italiaanse Serie A-sokkerseisoen al in volle gang is, word die impak van Covid-19 steeds op en weg van die veld gevoel.
Een van die Serie A-spanne, Genoa, het Maandagaand aangekondig dat nie minder nie as 14 van sy spelers en lede van die afrigtingspan positief getoets is vir die virus.
Dít het gevolg op die verdoemende nuus dat Italië se topliga reeds meer as €500 miljoen (R10 miljard) se inkomste moes inboet weens die koronaviruspandemie.
Luigi De Siervo, die uitvoerende hoof van Serie A, het gewaarsku dat die sokkerbedryf teen die planke is.
Volgens hom is die huidige verbod op meer as 1 000 toeskouers by ’n wedstryd, sowel as ’n skerp afname in borgskap-ooreenkomste, die vernaamste redes vir die benarde situasie waarin beroepsokker tans in Italië verkeer.
Hy’t gesê as die Italiaanse regering nie binnekort meer toeskouers by wedstryde toelaat nie, kan die hele bedryf in duie stort.
– Reuters, Netwerk24
FOTO
Spelers van Genoa omhels mekaar ná ’n oorwinning oor Sampdoria in Italië se Serie A. Foto Getty Images

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie