Covid-19-entstof: Namibië en die wêreld hou asem op
Namibië se deelname aan Covax, die globale entstofplan van die Covid-19 Entstof Globale Toegangsgeriewe, verseker hy staan nie agter in die ry vir dié entstof nie.
Namibië en die res van die wêreld hou asem op vir 'n entstof teen Covid-19 wat reeds etlike lewens geëis het. Met die verwagting dat dit eers teen einde aanstaande jaar goedgekeur en beskikbaar sal wees, is Namibië soos in ander lande aangewese op kortikosteroïede soos remdesivir en deksametasoon as deel van sy behandelingsplan vir baie ernstige en kritieke pasiënte.
Die Wêreldgesondheidsorganisasie (WHO) het 'n week gelede riglyne gepubliseer vir die gebruik van kortikosteroïede (wat deksametasoon en remdesivir insluit) in pasiënte met Covid-19.
Kortikosteroïede is enige van 'n groep steroïedhormone wat in die bynierkorteks of sinteties vervaardig word. Daar is twee soorte: glukokortikoïede en mineralekortikoïede wat elk verskillende metaboliese funksies het. Sommige word gebruik om inflammasie te behandel.
Die behandeling word vir baie ernstige en kritieke pasiënte aanbeveel. Volgens die WHO het die behandeling met kortikosteroïede vir nie-ernstige pasiënte geen voordeel ingehou nie en kan dit selfs skadelik wees. Volgens 'n ontleding van hospitaalpasiënte op vyf vastelande is baie ernstige siek Covid-19-pasiënte minder geneig om te sterf indien kortikosteroïede deel van hul behandelingsplan was.
Kortikosteroïede word gelys in die WHO-modellys vir noodsaaklike medisyne en is geredelik teen lae koste beskikbaar.
Proefneming het getoon binneaarse deksametasoon, die “lewensreddende middel” en steroïed wat inflammasie verminder, plus standaardsorg het die sterftesyfer onder pasiënte wat op ventilators is met 'n derde verminder en vir pasiënte wat net suurstof vereis, met 'n vyfde. Die voordeel van deksametasoon is net in pasiënte gesien wat ernstig siek is met Covid-19 en nie in dié met minder ernstige simptome nie. Volgens die WHO is dit die eerste behandeling wat 'n afname in sterftes onder pasiënte met Covid-19 wys wat suurstof nodig het of deur 'n ventilator ondersteun moet word.
KOSTE NIE HOOG
Deksametasoon is 'n steroïed wat sedert die 1960's gebruik is om inflammasie in 'n reeks toestande te verminder, insluitend inflammatoriese afwykings en sekere kankers. Dit is sedert 1977 in verskeie formulerings op die WHO se Modellys vir Noodsaaklike Medisyne en is tans beskikbaar. Dit is veral goeie nuus vir ontwikkelende lande omdat die middel in vele Afrikalande minder as twee Amerikaanse dollar kos.
Remdesivir verkort op sy beurt die hersteltydperk van baie ernstige pasiënte. Volgens die Namibiese pulmonoloog, dr. Wille Bruwer, word dit in baie ernstige gevalle gebruik vir pasiënte wat in asemnood verkeer, intensiewe sorg vereis en waar die asemhalingstempo meer as 30 is. Volgens Bruwer het pasiënte die reg om te besluit of hulle die medikasie wil hê al dan nie. Nóg remdesivir nóg deksametasoon word as 'n kuur of entstof vir Covid-19 beskou.
Intussen staan die Verenigde Nasies (VN) se kinderfonds, Unicef, aan die stuur van pogings om Covid-19-entstowwe op grootmaat aan te koop en te versprei. Dit word allerweë beskou as die wêreld se grootste en vinnigste aankoop en verskaffing ooit van entstowwe as deel van die globale entstofplan van die Covid-19 Entstof Globale Toegangsgeriewe (Covax) wat deur Gavi, die Entstof Alliansie, gelei word. Covax is 'n globale poging om veilige en doeltreffende Covid-19-entstowwe aan te koop en af te lewer op 'n versnelde tydsraamwerk en teen 'n ongekende skaal om diegene met die hoogste risiko, waar hulle hul ookal in die wêreld bevind, te beskerm.
WêRELDWYE OMVANG
Unicef lei pogings in samewerking met die Paho Revolving Fund om die dosisse entstowwe namens die Covax-geriewe vir 92 lae- en laer-middelinkomste aan te koop wie se aankope ondersteun word deur Gavi en Covax.
Unicef is ook namens Covax vir alle logistiek met betrekking tot die berging en vervoer van die entstowwe verantwoordelik.
Die fonds tree as koördineerder van aankope op om die aankope van 80 hoër-inkomstelande te ondersteun wat aangedui het hulle wil deel wees van Covax en sal die entstowwe uit hul eie openbare begrotings finansier. Saam verteenwoordig die groep van 172 lande meer as 70% van die wêreld se bevolking. Onder die groep is verteenwoordigers van elke vasteland en meer as die helfte van die wêreld se G20-ekonomieë.
Alle lande het toegang tot Covax om te verseker geen land is sonder toegang tot 'n toekomstige Covid-19-entstof nie.
As die grootste enkele entstofkoper in die wêreld koop Unicef jaarliks meer as twee miljard dosisse entstowwe vir roetine immuniserings en uitbrekings namens byna 100 lande. Die fonds se grootste vennoot hierin is Gavi wat oor die laaste 20 jaar meer as 760 miljoen kinders met entstowwe bereik het en sodoende meer as 13 miljoen sterftes voorkom het. Tot dusver het 28 vervaardigers met produksiegeriewe in tien lande hul jaarlikse produksieplanne vir Covid-19-entstowwe tot 2023 gedeel.
Volgens tydlyne wat verskaf is, kan die tyd vanaf die ontwikkeling tot produksie een van die vinnigste wetenskaplike en vervaardigingspronge in die geskiedenis wees.
Volgens 'n evaluering deur Unicef en gebaseer op inligting deur vervaardigers en beskikbare data is vervaardigers bereid om gesamentlik “ongekende” hoeveelhede entstowwe in die volgende twee jaar te produseer. Dié grootskaalse produksie van dosisse is egter baie afhanklik daarvan of kliniese proewe suksesvol, koopooreenkomste in plek, finansiering bevestig en registrasie in plek is.
Covax is 'n belangrike sleutel van die Access to Covid-19 Tools (ACT) Accelerator, 'n baanbrekende globale samewerking om die ontwikkeling, produksie en gelyke toegang tot Covid-19-toetse, behandelings en entstowwe in lande van alle inkomstevlakke te versnel.
Namibië het reeds in 2015 'n samewerkingsooreenkoms met Unicef onderteken wat gelei het tot die aankope en aflewering van noodsaaklike voorrade soos entstowwe.
KOALISIE VOORDELIG
Die WHO is tans besig met die ontwikkeling van 'n toekenningsraamwerk oor hoe Covax namens die deelnemende lande die entstowwe wat verkry is, sal verskaf.
Aanvanklike dosisse sal na verwagting so versprei word om lande in staat te stel om gesondheids- en maatskaplike werkers te immuniseer, gevolg deur dosisse vir bevolkings wat in hoërisikogroepe vir Covid-19 val.
Kritieke voorbereidingswerk vir lande se gereedheid vir die ontvangs en die verspreiding van die entstowwe is reeds onderweg. Dit sluit riglyne en opleiding vir die gepaste hantering, stoor, vervoer en verspreiding van die entstowwe in.
Namibië se minister van gesondheid en maatskaplike dienste, dr. Kalumbi Shangula, het vroeër bevestig die land is deel van die Covax-proses. Volgens Shangula plaas dit Namibië in 'n gunstige posisie om die entstof te bekom wanneer dit beskikbaar raak. Namibië se deelname saam met 53 ander Afrikalande verseker hy, en die res van Afrika, staan nie agter in die ry vir Covid-19-entstowwe nie.
Buiten vir die betrokkenheid van Unicef in die aankoop en verspreiding, sluit die ander Covax-vennote die Koalisie vir Epidemiese Voorbereidingsinnoverings (CEPI) en die WHO in. Die vennote werk saam met regerings en vervaardigers om genoeg dosisse van die entstowwe aan te koop om die mees kwesbare bevolkings op die vasteland te beskerm. Deur middel van Covax is die doel om toegang vir almal te verseker – beide die hoër- en middel-inkomstelande wat dit met hul deelname self gaan finansier, sowel as laer-middelinkomste en lae-inkomstelande wie se deelname deur die Covax Gevorderde Mark (AMC) ondersteun word.
Agt lande in Afrika het ingestem om hul dosisse entstowwe deur Covax te finansier. 'n Verdere 46 lande kom in aanmerking vir ondersteuning van die AMC wat sowat US$700 miljoen ingesamel het van hoë-inkomste skenkerslande, sowel as die private sektor en filantrope. Deelname aan Covax fokus op gedeelde risiko's geassosieer met entstofontwikkeling en om waar nodig vooraf te belê in vervaardiging sodat entstowwe op grootskaal ontplooi kan word die oomblik wat dit as veilig en doeltreffend bewys is. Koopkrag word ook so saamgegooi om voldoende volumes te verseker om die akute fase van die pandemie teen 2021 te beëindig.
Covax wil teen die einde van aanstaande jaar twee miljard veilige, doeltreffende entstowwe versprei wat deur die WHO goedgekeur is. Verdere dosisse sal ook beskikbaar gestel word gebaseer op lande se behoeftes, weerloosheid en Covid-19-bedreiging. Bufferdosisse vir nood- en humanitêre gebruik, insluitend vir ernstige uitbrekings voordat dit buite beheer raak, sal by Covax in voorraad gehou word.
Die Noorweegse maatskappy Coalition for Epidemic Preparedness Innovations (CEPI) staan aan die stuur van Covax se entstofnavorsing en hoop om tot drie veilige en doeltreffende entstowwe te ontwikkel wat aan deelnemende lande aan Covax beskikbaar gestel sal word. CEPI ondersteun tans nege kandidaat-entstowwe, met twee wat in Suid-Afrika getoets word.
VORDERING
In April het navorsers by CEPI 115 entstof-kandidate geïdentifiseer wat in verskillende fases van ontwikkeling was. In 'n kwessie van vyf maande het dit byna verdriedubbel tot 321 kandidate waarvan 32 nou in kliniese proewe is. Planne is onderweg om meer as 280 000 deelnemers van ten minste 470 instellings in 34 verskillende lande in te skryf vir die proewe.
Die mees gevorderde kliniese kandidate is nou in fase drie-proeflopies en data om lisensiëring te ondersteun, sal na verwagting later vanjaar beskikbaar gestel word. Vir die voorste kandidate is die grootskaalse vervaardiging van die entstof reeds geïnisieer om die vinnige verspreiding te verseker die oomblik wanneer goedkeuring ontvang is.
Die grootste verandering sedert April in die algehele profiel van dié wat entstowwe ontwikkel, is die toenemende betrokkenheid van groot multinasionale maatskappye.
Uit die kandidate vir moontlike entstowwe is 11 wat deur Chinese organisasies ontwikkel word en sewe wat deur die Amerikaanse Warp Speed-program ondersteun word wat hoop om 300 miljoen dosisse Covid-19-entstof teen Januarie aanstaande jaar te lewer. Laasgenoemde het tot dusver meer as US$10 miljard se finansiering hiervoor bekom.
*Bronne: Unicef, WHO, Cepi, bhekisisa, nature.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie