Covid-19 gaan 'nie verkiesings ontspoor'
Covid-19 gaan 'nie verkiesings ontspoor'

Covid-19 gaan 'nie verkiesings ontspoor'

Hoewel die toekoms van die impak van die pandemie onseker is, is die verwagting dat Namibiërs steeds later vanjaar stembus toe gaan.
Denver Kisting
Denver Kisting – Die Verkiesingskommissie van Namibië (ECN) het gister by monde van sy hoofkiesbeampte, mnr. Theo Mujoro, gesê die Covid-19-pandemie sal nie sy kieskalender vir 2020 verongeluk nie.

Namibiërs is geskeduleer om later vanjaar stembus toe te gaan vir die vyfjaarlikse plaaslike owerheid- en streekraadsverkiesings.

Volgens Mujoro is daar in dié stadium geen aanduiding dat dié verkiesings nie sal plaasvind nie.

Hy het gesê 'n vergadering is met politieke partye belê waartydens die verkiesingsdagboek aan hulle voorgelê sal word “en sekere kwessies uitgepluis sal word”.

Sodra daardie been van die proses afgehandel is, sal hy die kalender openbaar kan maak, het Mujoro gesê.

Die vergadering vind na verwagting aanstaande Woensdag plaas, sê hy.

In die nasionale begroting wat mnr. Iipumbu Shiimi, die minister van finansies, voorverlede week in die Nasionale Vergadering (NV) ter tafel gelê het, word nagenoeg N$282,2 miljoen vir die ECN opsygesit.

In verlede jaar se begroting was die verwagting die nasionale kiesliggaam sou vir vanjaar ongeveer N$288,4 miljoen benodig.



Terugkeer na stembriewe

Alle verkiesings sal voortaan by wyse van tradisionele stembriewe geskied.

Dít kom nadat die hooggeregshof vroeër vanjaar gelas het indien 'n naspeurbare papierspoor nie terselfdertyd in werking gestel word nie, mag elektroniese stemmasjiene (EVM's) nie weer gebruik word nie.

Die tandarts wat in November vir pres. Hage Geingob in die presidensiële verkiesing laat les opsê het, dr. Panduleni Itula, het 'n geding aanhangig gemaak teen die kiesuitslae weens die gebruik van EVM's.

Hy het aanvanklik die hof gevra om die kiesuitslae nietig te verklaar en 'n herverkiesing te gelas.

Dié eise het nie geslaag nie.

- [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!