Covid-19: Gemiddeld laagste in vier maande, maar . . .
Covid-19: Gemiddeld laagste in vier maande, maar . . .

Covid-19: Gemiddeld laagste in vier maande, maar . . .

Dani Booysen
Net 15 nuwe gevalle van Covid-19 is gister deur gesondheidsowerhede aangekondig – die minste sedert 16 November 2020, net voor die tweede golf van infeksies begin opbou het.
Namibië se daaglikse gemiddeld van 97 gevalle per dag is die laagste in vier maande. Die syfer het op 4 Desember 2020 op 95 gestaan, waarna dit verby 100 geklim en op 30 Desember 2020 op gemiddeld 480 gevalle per dag gepiek het.
Windhoek se huidige gemiddeld van 11 gevalle per dag (dieselfde as die nuwe gevalle wat vir Woensdag bekendgemaak is) is nou laer as voor die eerste golf van die pandemie sy duining in die hoofstad begin maak het.
Die land se daaglikse gemiddeld van 97 is 50%, of die helfte minder as sewe dae gelede se 195.
Tot ‘n derde van die afname kan egter aan ‘n afname in toetse oor Paasnaweek toegeskryf word. Die syfers wat vandag vrygestel word, kan die prentjie dus opnuut aansienlik verander.


INENTINGS
Vanaf 19 Maart tot Woensdag is 2 526 persone ingeënt – 1 874 in die Khomasstreek en 652 in Erongo.
Woensdag is net 155 inentings gedoen; 126 in die hoofstad en 29 aan die kus. Dinsdag is 281 inentings gedoen; 180 in Khomas en 101 in Erongo.
Die huidige week se gemiddeld van 218 inentings per dag is merkbaar laer as die vier dae van die vorige week se 303 inentings per dag.
Die meeste inentings op een dag was die 470 op Vrydag 26 Maart.


TOETSE EN POSITIWITEITSKOERS
Tydens die afgelope sewedae-siklus is 7 026 toetsmonsters verwerk teen ‘n gemiddeld van 1 004 per dag.
Die totaal vir die siklus voor dit was 10 996. Daagliks is gemiddeld dus heelwat meer toetse verwerk – 1 571 – maar die verskil van 36% is steeds 14% minder as die afname in nuwe gevalle.
Net 1% van Woensdag se 1 427 toetse het positiewe uitslae opgelewer. Die persentasie was nog so onlangs as 1 April op 24% aansienlik hoër.
Namibië se hoogste positiwiteitskoerse tydens die eerste en tweede golwe van die pandemie was onderskeidelik 38% en 37%. Dit beteken naby aan vier uit elke tien toetsmonsters was positief.
Gedurende die 390 dae sedert 14 Maart 2021, toe die heel eerste gevalle aangekondig is, was die koers net sewe keer 33% of meer. Dit is 1,8%, of minder as 2 keer uit elke 100 dae.
Nog hoër koerse, van 45% tot 85%, is ses keer aangeteken; 1,5% van die duur van die siekte. Die hoogste uitskieters is moontlik veroorsaak deur voorkeur aan toetse van mense wat reeds duidelik simptome getoon het.
Meer as 340 000 persone is getoets.


GEMIDDELDES PER DISTRIK
Byna ‘n driekwart van gesondheidsdistrikte, 26 uit 35, het die afgelope sewe dae ‘n vermindering in nuwe gevalle gerapporteer. Toenames het voorgekom in vier distrikte terwyl die daaglikse gemiddeld in vyf distrikte onveranderd gebly het.
Vandag se kaart wys nie net die lokaliteit van jongste gevalle en sterftes nie, maar ook (in rooi) die ses distrikte wat gemiddeld steeds vyf of meer gevalle per dag aanmeld.
Rehoboth se 18 gevalle per dag is die hoogste en is deels die gevolg van ‘n uitbreking by ‘n hoërskool op die dorp.
Volledige lys van distrikte met huidige sewedaggemiddeld (vorige siklus se gemiddeld in hakies):


Rehoboth 18 (15)
Windhoek 11 (37)
Mariental 9 (12)
Grootfontein 6 (9)
Rundu 5 (10)
Walvisbaai 5 (9)
Otjiwarongo 4 (7)
Tsumeb 4 (10)


Keetmanshoop 3 (4)
Lüderitz 3 (3)
Oshakati 3 (11)
Swakopmund 3 (7)


Katima Mulilo 2 (2)
Nankudu 2 (1)
Okahandja 2 (4)
Okakarara 2 (12)
Outjo 2 (3)
Tsandi 2 (0,7)


Eenhana 1 (2)
Engela 1 (1)
Karasburg 1 (2)
Okahao 1 (1)
Omaruru 1 (2)
Omuthiya 1 (2)
Onandjokwe 1 (2)
Usakos 1 (2)


Opuwo 0,4 (17)
Gobabis 0,3 (2)
Nyangana 0,3 (2)
Oshikuku 0,3 (0,3)
Outapi 0,3 (2)
Aranos 0,1 (0)


Andara 0 (0,4)
Khorixas 0 (0,1)
Okongo 0 (1)
(Alle gemiddeldes vanaf 0,5 is afgerond.)


STERFTES
In teenstelling met alle ander data, bly die sterftekoers hoog.
Van die nege nuwe sterftes wat gister aan die virus toegeskryf is, het vier in Maart plaasgevind.
Maart se totale sterftesyfer skuif dus op na 105 teen ‘n gemiddeld van 3,4 per dag.
Van die persone was 65 mans (62%) en 40 vroue (38%).
Tagtig (76%) het ook ander siektes onder lede gehad.
Uit die totaal was 59 persone (60%) sestig jaar of ouer en 42 (40%) tussen 40 en 60 jaar oud. Net vier was jonger as 40.
Covid-19- en verwante sterftes vir April staan op 18; gemiddeld 2,6 per dag.
Die groep bestaan uit 12 mans (67%) en 6 vroue (33%). Dertien (72%) het ook aan ander siektes gelei en die helfte was 60 jaar of ouer. Sewe was tussen 40 en 60 en twee jonger.
Sterftes verteenwoordig tans 1,24% van positiewe gevalle. Die koers is besig om stadig te klim.
Totale sterftes en sterftekoerse per streek (uit positiewe gevalle):
Erongo 106 – 1,21%
Hardap 34 – 1,53%
Kavango-Oos 23 – 1,26%
Kavango-Wes 2 – 0,99%
//Kharas 38 – 1,35%
Khomas 198 – 1,21%
Kunene 14 – 1,08%
Ohangwena 16 – 1,41%
Omaheke 14 – 1,38%
Omusati 8 – 0,67%
Oshana 32 – 1,13%
Oshikoto 15 – 0,59%
Otjozondjupa 47 – 1,68%
Zambezi 10 – 1,42%
‘n Aansienlike aantal gevalle in byvoorbeeld Oshikoto en Omusati is leerlinge, wat deels die laer koerse in die streke kan verklaar.
Elf persone, uitgesluit by bogenoemde syfers, het van ander oorsake gesterf voordat hulle as herstel verklaar is.


GESONDHEIDSWERKERS
Nuwe gevalle afgelope sewe dae: 13 (gemiddeld 2/dag)
Vorige sewedaesiklus: 39 (6/dag)
Verspreiding van nuwe gevalle: Erongo 5, Hardap 3, Khomas 2, Kavango-Oos 1, Kavango-Wes 1, Omusati 1


KWARANTYN
Minder as 1 300 persone word sedert Maandag in die staat se amptelike kwarantyngeriewe gehuisves. Dit sluit persone uit wat hulself tuis afsonder.
Die syfers is die laagste sedert 11 Februarie vanjaar.
In amptelike kwarantyngeriewe per streek op 7 April 2021:
Oshikoto 596, //Kharas 272, Zambezi 160, Kunene 53, Omaheke 47, Erongo 40, Kavango 26, Otjozondjupa 23 (reeds vir 12 dae onder toesig), Khomas 22 (tweede dag onder toesig), Hardap 12, Omusati 5 (11 dae onder toesig), Ohangwena 0, Oshana 0


AKTIEWE GEVALLE PER STREEK (7 April 2021)
Die Hardapstreek, waar nuwe uitbrekings die afgelope weke in Rehoboth en Mariental ervaar word, het met 88% die laagste herstelkoers. Herstelkoerse word op ons kaart per streek aangedui in groen.
Erongo 194
Hardap 229
Kavango-Oos 80
Kavango-Wes 16
//Kharas 68
Khomas 297
Kunene 14
Ohangwena 46
Omaheke 2
Omusati 16
Oshana 41
Oshikoto 56
Otjozondjupa 58
Zambezi 15
Totaal 1 132


Republikein se weeklikse oorsig word Vrydae gepubliseer en is net op die webwerf beskikbaar.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!