Covid-19-gevalle styg met 96 tot 1 618
Die minister van gesondheid en maatskaplike dienste (MoHSS) dr. Kalumbi Shangula sê die aantal Covid-19-gevalle het met 96 tot 1 618 gestyg. Hiervan is 75 in Walvisbaai, vier in Swakopmund, 10 in Windhoek, twee in Keetmanshoop, twee in Engela, een in Okakarara, een in Otjiwarongo en een in Oshikoko. Uit die 96 gevalle is 67 mans en 29 vroue. Die jongste is ses jaar oud en die oudste 64 jaar. Die aktiewe gevalle staan tans op 1 539.
Volgens Shangula is die twee gevalle in Engela twee vragmotorbestuurders wat uit Angola deur die Oshikango-grenspos beweeg het. Hulle is getoets en toegelaat om verder na onderskeidelik Windhoek en Swakopmund te reis.
Die twee gevalle in Keetmanshoop is ook vragmotorbestuurders wat uit Suid-Afrika die land binnegekom het. Een is 'n Namibiese vragmotorbestuurder en inwoner van Rehoboth. Albei is getoets en toegelaat om verder na hul onderskeie bestemmings en wel Dobra en Windhoek te reis. Die Namibiese vragmotorbestuurder is by sy huis gevind en is hier in isolasie. Die buitelandse bestuurder kon nog nie bereik word nie.
Die geval op Okakarara is 'n student wat na Namibië teruggekeer het en by Waterberg in kwarantyn was.
Die geval op Otjiwarongo is 'n beeswagter van 'n nabygeleë plaas wat met simptome by die staatshospitaal op die dorp aangeklop het. Hy is terug na die Omusatistreek en moet nog bereik word.
Die geval in Oshikuku het geen onlangse reisgeskiedenis of kontak met 'n bevestigde geval nie.
Shangula sê nog drie mense het herstel en wel gevalle 248, 340 en 392. Dit bring die totaal op 72 te staan. Tot op hede is 20 101 weefselmonsters getoets en is 729 mense tans in kwarantyn.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie