Covid-19: Gevalle styg steeds
Covid-19: Gevalle styg steeds

Covid-19: Gevalle styg steeds

Data toon Namibië bevind homself in dieselfde bootjie as Suid-Afrika en Zimbabwe, waar vierde golwe van die pandemie ook bespeur word.
Dani Booysen
Dani Booysen

Teen Vrydag het meer as 5% van nuwe toetse vir Covid-19 positiewe uitslae opgelewer.

Meer mense meld vir toetse aan, met die daaglikse gemiddeld wat van 1 400 toetse per dag die week voor dit, tot 2 000 toegeneem het.

Verlede Sondag was die positiwiteitskoers nog 0,6%. Hierdie maatstaf van verspreiding het verlede Maandag tot 2,9%, en daarna daagliks tot 4,5%, 5,8% en 8,4% toegeneem voor dit Vrydag effens na 7,4% teruggesak het.

Die trajek is gelykstaande aan die wyse waarop grafika begin opskiet het in die middel van Mei vanjaar tydens ‘n derde golf infeksies. Die positiwiteitskoers het toe uiteindelik tot meer as 40% gestyg.

Suid-Afrika en Zimbabwe ervaar tans soortgelyke toenames in nuwe gevalle. In SA was die positiwiteitskoers teen Vrydag 18%.

GEMIDDELDES

Gemeet oor sewe dae teken Namibië nou gemiddeld 88 nuwe gevalle per dag aan.

Die syfer was verlede Vrydag 13 gevalle per dag en het die afgelope sewedagsiklus dus meer as sesvoudig toegeneem.

In Windhoek het die daaglikse gemiddeld tydens dieselfde periode agtvoudig; van 8 tot 66 toegeneem.

Distrikte soos Walvisbaai, Swakopmund, Otjiwarongo, Karasburg en Lüderitz toon ook duidelike toenames in nuwe gevalle.

Hospitaliserings bly egter beperk, hoewel meer gesondheidswerkers ook positief toets.

Nuwe inentings – ‘n totaal van 10 110 is vir Maandag tot Vrydag gerapporteer – is 15% meer as die vorige week. Tien van die 14 streke het egter nie inligting vir Vrydag verstrek nie.

Die laaste Covid-19-verwante sterfte het op 30 November plaasgevind. Dusver is 16 sterftes in November aangeteken; die minste sedert November 2020, voor die tweede golf. - [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-28

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 37° Rundu: 22° | 38° Eenhana: 21° | 37° Oshakati: 22° | 34° Ruacana: 19° | 37° Tsumeb: 25° | 37° Otjiwarongo: 21° | 36° Omaruru: 20° | 38° Windhoek: 20° | 33° Gobabis: 18° | 34° Henties Bay: 14° | 21° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 15° | 21° Rehoboth: 18° | 34° Mariental: 18° | 35° Keetmanshoop: 18° | 35° Aranos: 17° | 35° Lüderitz: 16° | 27° Ariamsvlei: 17° | 34° Oranjemund: 14° | 27° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 16° | 32° Lubumbashi: 16° | 33° Mbabane: 12° | 25° Maseru: 7° | 24° Antananarivo: 17° | 27° Lilongwe: 21° | 33° Maputo: 19° | 30° Windhoek: 20° | 33° Cape Town: 16° | 24° Durban: 14° | 23° Johannesburg: 13° | 27° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 19° | 30° Harare: 17° | 23° #REF! #REF!