Covid-19: Hier is die brandpunte
Covid-19: Hier is die brandpunte

Covid-19: Hier is die brandpunte

Dani Booysen
In Windhoek het nuwe gevalle van Covid-19 nou die vlak bereik toe die tweede golf van infeksies in November en Desember verlede jaar begin het.
Die hoofstad se gemiddeld per dag vir die laaste twee dae (202 per dag) is naby die kruin van die tweede golf.
Gemeet oor sewe dae teken Windhoek gemiddeld 130 nuwe gevalle per dag aan. Dit is die helfte van die gemiddeld van net meer as 260 nuwe gevalle landwyd.
Ons kaart wys die distrikte waar die gemiddeld vyf of meer is. Die getal in hakies is die daaglikse gemiddeld vir die sewedagsiklus voor dit.
Naas Windhoek teken Rehoboth, met 20, gemiddeld die tweede meeste gevalle per dag aan. Rehoboth het ook nou meer as 2 000 kumulatiewe gevalle aangeteken sedert die begin van plaaslike verspreiding.
Die dorp suid van Windhoek sluit hiermee aan by Swakopmund (meer as 2 500 gevalle) en Oshakati, waar die totaal al 3 000 verbygesteek het. Walvisbaai se totaal is meer as 5 000.
Outjo het die 500-kerf verbygesteek.
Aranos het nou meer as 100 gevalle – net Nyangana in Kavango-Wes het minder as 100 kumulatiewe gevalle.

STERFTES
In Mei is nou 140 sterftes met Covid-19 verbind – die meeste nog in een maand. Gemiddeld het vyf mense per dag volgens gesondheidsowerhede dus gesterf weens die virus of gevolglike komplikasies.
Die syfer verteenwoordig 10% van Namibië se totale daaglikse sterftes, beraam op 50 voor die pandemie.
Van die 140 persone was 77 (55%) 60 jaar of ouer en nog 26% tussen die ouderdomme van 50 en 59.
‘n Totaal van 79% het ook ander, moontlik dodelike siektes onder lede gehad.
Mans verteenwoordig 55% van die totaal en vroue 45%.


GEVALLE PER DISTRIK
Daaglikse gemiddeldes in distrikte nie op ons kaart nie (sewe dae te vore se gemiddeld in hakies) is soos volg:


Mariental 4 (7)
Otjiwarongo 4 (4)
Rundu 4 (3)


Aranos 3 (4)
Grootfontein 3 (4)
Okakarara 3 (2)
Omuthiya 3 (1)
Tsumeb 3 (2)


Karasburg 2 (2)
Katima Mulilo 2 (2)
Okahao 2 (0,3)
Omaruru 2 (2)
Outjo 2 (5)


Khorixas 1 (1)
Okahandja 1 (5)
Okongo 1 (1)
Outapi 1 (2)
Tsandi 1 (3)
Usakos 1 (1)


Nankudu 0,4 (0,3)
Opuwo 0,4 (1)
Oshikuku 0,4 (1
Engela 0,3 (0,1)
Nyangana 0 (2)
Andara 0 (0)
(Alle gemiddeldes vanaf 0,5 is afgerond.)


INENTINGS
Eerste dosisse per streek:
Khomas 22 373
Erongo 7 039
Otjozondjupa 5 348
Kavango-Oos 4 636
Ohangwena 3 737
Omusati 3 456
Oshana 3 289
Kunene 3 103
Omaheke 3 078
Hardap 2 994
//Kharas 2 584
Kavango-Wes 2 008
Oshikoto 1 559
Zambezi 1 140


TOETSE EN POSITIWITEITSKOERS
Meer as 410 000 individuele toetsmonsters is verwerk.
Sewe dae tot 26 Mei: 10 610 toetse, gemiddeld 1 516/dag
Die positiwiteitskoers was twee keer in die periode 24%, byna een uit vier van elke toetsuitslae was dus op die twee dae positief.
Sewe dae voor dit: 10 036 toetse, gemiddeld 1 434/dag
Hoogste positiwiteitskoers: 21%



GESONDHEIDSWERKERS
Nuwe gevalle afgelope sewe dae: 88 (gemiddeld 13/dag)
Vorige sewedaesiklus: 84 (12/dag)


KWARANTYN
Meer as 2 000 persone was Donderdag in amptelike kwarantyngeriewe gehuisves.
Syfers per streek soos op Woensdag 26 Mei 2021:
//Kharas 400, Oshikoto 371, Omaheke 233, Omusati 233, Zambezi 167 (reeds 27 dae), Erongo 75, Otjozondjupa 64 (10 dae), Kunene 54 (9 dae), Hardap 53, Khomas 33, Kavango 8, Ohangwena 0, Oshana 0


AKTIEWE GEVALLE PER STREEK (27 Mei 2021)
Erongo 246
Hardap 285
Kavango-Oos 55
Kavango-Wes 3
//Kharas 170
Khomas 1 911
Kunene 30
Ohangwena 77
Omaheke 19
Omusati 132
Oshana 177
Oshikoto 31
Otjozondjupa 242
Zambezi 19

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!