Covid-19: Inentings ook by Rhino Park
Covid-19: Inentings ook by Rhino Park

Covid-19: Inentings ook by Rhino Park

Francoise Steynberg
Die minister van gesondheid en maatskaplike dienste, dr. Kalumbi Shangula, het vandag aangekondig dat die Covid-19-inentingsveldtog na die ||Kharasstreek en in Windhoek by die Rhino Park Private Hospitaal uitgebrei is.

"Die inentingsveldtog sal Maandag na die meeste streke uitgebrei word en ons moedig Namibiërs aan om ingeënt te word."

Shangula het aangekondig twee vroue van 43 jaar oud en een van 59 het in Windhoek, Walvisbaai en Otjiwarongo gesterf. Slegs een streek in die land het nie vandag Covid-19-gevalle aangemeld nie.

Altesaam 185 nuwe gevalle is aangemeld waarvan 110 vroue en 75 mans is, tussen die ouderdomme van 1 maand en 85 jaar.

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!