Covid-19: Jongste in beeld, 8 Maart 2021
Namibië se sewedaegemiddeld vir nuwe gevalle van Covid-19 staan na die syfers wat vanmiddag vir 7 Maart 2021 aangekondig is op 165.
'n Week gelede was die syfer 184.
Dit is die tiende agtereenvolgende dag dat die gemiddeld minder as 200 is.
Die land teken nou minder as 1 200 nuwe gevalle per week aan.
Die Windhoek-distrik het die 15 500-kerf verbygesteek sedert die aanvang van die pandemie. Die Khomasstreek, wat net uit hierdie een gesondheiddistrik bestaan, het dusver 38,6% van alle gevalle opgelewer; oftewel byna vier uit tien.
Okahandja het die 800-merk verbygesteek terwyl Rehoboth dusver 979 gevalle aangeteken het. Baie mense pendel vanaf die twee dorpe na Windhoek vir werk.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie