Covid-19 kan Afrika anders affekteer
Hoe gemaak met beleid?
Dr. Kobus Laubscher - Die Wêreld Ekonomiese Forum (WEF) meen Covid-19 se verspreiding in Afrika sal verskil van dié van die res van die wêreld.
Verskeie redes hiervoor word aangevoer.
Mense in Afrika is eerstens baie jonger as in die lande waar die virus se slagoffers eksponensieel toegeneem het. Die mediaan ouderdom van Afrika se 1,3 miljard mense is 19,7 jaar.
Daarteenoor is die mediaanouderdom van Chinese en Europeërs onderskeidelik 38,4 en 43,1 jaar.
Ondervinding met die virus tot dusver toon dat veral mense ouer as 60 jaar of diegene met ander onderliggende kwessies, kwesbaar daarvoor is. Daar is nog nie sekerheid oor in watter mate Afrika se jonger bevolking sal lei tot beter weerstandigheid teen die virus nie.
OOK KWESBAAR?
Afrika ervaar terselfdertyd 'n hoë voorkoms van ondervoeding, bloedarmoede, malaria en ander siektes wat sterk korreleer met sosiaal-maatskaplike toestande in Afrika. Dit kan Afrika dalk meer vatbaar vir die virus maak.
Tesame hiermee word 'n groei in malariagevalle verwag, vanweë veranderde reënvalpatrone. Die opvatting dat die meeste mense wat die virus opdoen, ongeskonde sal wees, kan kwaai misleidend wees.
Dit is ook 'n uitdaging om Afrikane te laat afsien van die gewoonte om in groot getalle byeen te kom – wat so eie is aan ons kulture.
Sulke byeenkomste kan pogings om die verspreiding te beperk, in die wiele ry, want fisiese afstand is 'n belangrike voorkomingsmaatreël.
In sommige Afrikalande moes opstande reeds beheer word, terwyl Tanzanië erg onder kritiek deurloop omdat dié land aangedui het dat aanbiddingsdienste nie verbied gaan word nie.
Dit is ook ongelukkig 'n realiteit dat Afrika se vermoë om geïnfekteerde burgers te versorg en te behandel, uiters beperk is.
Daar is gewoon nie genoeg hospitale beskikbaar nie en bestaande gesondheidsdienste kan in die meeste gevalle tans nie die gesondheidstatus van baie lande verbeter nie.
Sou die pandemie in Afrika dieselfde afmetings aanneem as in Europa en China, voorspel dit groot probleme.
Groot kommer bestaan reeds in Suid-Afrika oor die ware toedrag van sake. Gedwonge toetsing in gebiede van hoë bevolkingsdigtheid, is 'n volgende prioriteit in die bestuur van die verspreiding.
Dit is volgens die WEF ook nie wys om net die moontlike verloop van infeksie in Afrika te baseer op China en Europa se ervaringe nie.
Die inperkingstrategie tans pas aan namate omstandighede verander, maar dit is baie duidelik dat lesse in die proses geleer word.
Eerstens is die werklike weerbaarheid van die behoeftige mense van die Afrikabevolking opnuut onder oënskou. Dit is gemene saak dat dienste aan daardie deel van die bevolking nie op par was met wat werklik nodig is nie.
Oorbevolking en 'n gebrek aan ruimte is simptomaties van stede, want verstedeliking is as die nuwe normaal aanvaar.
Plattelandse gebiede loop leeg en daar is nie werklik beleid wat die proses kan stuit en omdraai nie.
Dienste in die platteland wat byvoorbeeld die verantwoordelikheid is van plaaslike owerhede, het eenvoudig platgeval.
LESSE
'n Wetenskaplike verbonde aan die Universiteit van Stellenbosch het onlangs breedvoerig hieroor uitgebrei. Onbekostigbare strukture wat uit pas is met wat werklike dienslewering aanbetref, is nou duideliker as ooit blootgelê.
Gesondheidsbestuur, saam met voedselsekuriteit is 'n basiese beleidsdoelwit wat aan die hand van nasionale riglyne implementeer moes word. By gebrek daaraan, word die risiko van infektering verhoog.
Die deurvloeibeginsel sal dus indringend aandag moet kry.
Begrotings word opgestel en goedgekeur om 'n bepaalde strategie te implementeer. Wanneer dit kom by die doeltreffendheid van die besteding, het ons misluk.
Dit is goed dat fondse wat bewillig word, nie willens en wetens bestee kan word tensy daarvoor begroot is nie. Onbestede fondse gaan terug na die tesourie, maar wat belangriker is, is om seker te maak waar geld bestee is, dit die aanvanklike strategiese bedoeling bevredig.
Die hantering van Covid-19 het baie tekortkoming uitgewys, waarvan te veel mensgemaak is.
Nou, met beperkte fiskale vermoë, word die besteding van geld fyn dopgehou en gevolg - nie net om seker te maak dit beland op die regte plekke nie, maar belangriker dat besteding die gewenste uitwerking het.
Die meet hiervan kan besteding optimaliseer. Hierin lê daar baie lesse vir beleidshersienings ná Covid-19.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie