Covid-19 knou Media24
Media24 oorweeg dit om vyf tydskrifte en twee koerante te sluit, sy oorblywende maandelikse tydskrifte uit te kontrakteer en hul frekwensie te verminder, twee koerante net digitaal uit te gee en personeel in steundienste-afdelings te verminder.
Die beplande ingrypings raak na verwagting bykans 510 personeellede (met ’n voorgestelde vermindering van nagenoeg 660 poste), oorwegend in die drukmedia- en verspreidingsdivisies. Media24 het tans ’n personeeltal van 2 971.
Dié planne vir herstrukturering is Dinsdag deur die uitvoerende hoof, Ishmet Davidson, aangekondig. Volksblad en Die Burger Oos-Kaap is die koerante wat dan in die nuwe bedeling net digitaal op Netwerk24 sal verskyn, met Son op Sondag en Sunday Sun die twee koerante wat sal sluit.
Die dagblaaie Die Burger en Beeld en die Sondagkoerant Rapport word steeds gedruk, met geen frekwensieveranderings nie.
Die vlagskip-weektydskrifte Huisgenoot en Landbouweekblad sal ook steeds intern deur Media24 saamgestel en soos gewoonlik uitgegee word.
Afrikaanse maandelikse tydskrifte wat deur die planne vir uitkontraktering geraak word, sluit in Sarie, Tuis, Weg!, Weg!Ry & Sleep, asook die tweeweeklikse Kuier. Die tydskrifte sal dus steeds gedruk word, maar op kontrak deur redaksionele spanne saamgestel word. Die huidige maandelikse tydskrifte sal dan ses keer per jaar verskyn, benewens Tuis, wat agt uitgawes sal hê.
“Van die begindae van die pandemie in Suid-Afrika het ons met alles wat ons doen op twee prioriteite gefokus: die gesondheid en veiligheid van ons mense en om ons besigheid aan die gang te hou – by implikasie ook om vir so lank as moontlik poste te beskerm,” sê Davidson.
“Die pandemie het egter die vooraf bestaande strukturele langtermyn-inkrimping van drukmedia verhaas, met ’n vernietigende uitwerking op ons reeds kwesbare drukmediabedrywighede.
“Ons sirkulasie- en advertensie-inkomste het sedert April skerp gedaal. Terselfdertyd baat baie van ons druktitels nie meer by vorige ingrypings om strukturele dalings teen te werk en hulle vir langer op die rak te hou nie.”
Davidson sê voorts selfs al sou die ekonomie herstel tot die vlakke voor Covid-19, sal Media24 se drukmediabesigheid nie van die pandemie se impak daarop kan herstel nie.
Davidson sê die maatskappy is ten volle daartoe verbind om hierdie hoogs sensitiewe konsultasies met deernis te bestuur, terwyl hy ook die wetlik voorgeskrewe proses volg. “Ons kan ongelukkig geen verdere inligting bekend maak alvorens die proses afgehandel is nie.” – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie