Covid-19 kon al Oktober 2019 in China versprei
Covid-19 kon al Oktober 2019 in China versprei

Covid-19 kon al Oktober 2019 in China versprei

'n Nuwe studie toon die nuwe coronavirus het reeds by mense aangepas toe dit amptelik die eerste keer kop uitgesteek het.
Ronelle Rademeyer
Die coronavirus kon reeds so vroeg as Oktober 2019 in China versprei het – twee maande voordat die eerste Covid-19-geval in Wuhan aangemeld is.

Dit het aan die lig gekom in 'n nuwe studie wat Vrydag deur navorsers van die Universiteit van Kent in Brittanje gepubliseer is.

Die navorsers skat die virus het op 17 November sy verskyning gemaak en teen Januarie 2020 reeds wêreldwyd versprei.

China se eerste amptelike Covid-geval is eers in Desember 2019 aangemeld. Die vermoede was toe dat dit met die Huanan-seekosmark in Wuhan verbind kan word.

Van die vroeë gevalle van die verspreiding het egter geen verband met die Huanan-seekosmark getoon nie. Dit beteken moontlik die virus het reeds versprei voordat dit die mark bereik het.

'n Gesamentlike studie wat einde Maart deur China en die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) gepubliseer is, toon daar is 'n moontlikheid dat daar voor die uitbreking in Wuhan sporadiese infeksies in mense kon gewees het.

Jesse Bloom van die Fred Hutchinson Cancer Research Center in die ­Amerikaanse stad Seattle het laas week data oor vroeë Covid-gevalle in China gepubliseer wat aanvanklik vernietig is.

Die data toon die monsters wat by die Huanan-mark geneem is, het geen teken van die coronavirus getoon nie, maar dat dit eerder 'n variant was wat reeds in China gesirkuleer het.

Die Amerikaanse nasionale instituut vir gesondheid het aan Reuters bevestig die monsters wat in dié studie gebruik is, is in Maart 2020 gestuur, maar toe vernietig nadat Chinese ondersoekers dié versoek gerig en ander monsters ingedien het.

Kritici meen die vernietiging van die monsters toon China het probeer toesmeer waar Covid-19 werklik uitgebreek het.

Alina Chan, 'n navorser van die Harvard's Broad Institute, het op Twitter gevra hoekom wetenskaplikes 'n internasionale databasis sal vra om sleutel­inligting te vernietig oor hoe Covid-19 in Wuhan begin het.

'n Studie wat Donderdag deur navorsers in Australië gepubliseer is, toon die coronavirus bind te maklik aan mense se weefsel.

Die studie suggereer die virussiekte het reeds by mense aangepas toe dit amptelik die eerste keer kop uitgesteek het. 

– Nampa/Reuters

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!