Covid-19: Laer rentekoers kan ekonomie nie red
Die Reserwebank het vantevore self toegegee die rentekoers is slegs ’n baie beperkte hulpmiddel vir ekonomiese groei.
Hanlie Stadler – Selfs al het die regering emmers vol geld gehad, sou hy baie min kon doen om die ekonomie teen die impak van die Covid-19-pandemie te beskerm.
Maar die regering hét nie fiskale ruimte om die ekonomie te ondersteun nie en Covid-19 tap boonop hulpbronne wat reeds onder druk is.
Wat monetêre beleid betref, sal Donderdag se verlaging in die rentekoers ’n klein bietjie help, maar dis beslis nie ’n kitsoplossing vir ’n enorme ekonomiese krisis wat ekstern ontstaan het nie.
Dis die waarskuwing van ontleders nadat die Reserwebank Donderdag in ’n ongekende stap die rentekoers met ’n persentasiepunt verlaag het. Dis wyd geloof as die regte ding te midde van die korona-krisis.
Die Reserwebank het wel ook Vrydag onverwags aangekondig dat hy die koers waarteen banke geld by hom leen, verlaag. Die leenkoers op staande geriewe, wat tot dusver die repokoers minus een basispunt was, word nou die repokoers minus twee basispunte, terwyl die uitleenkoers op staande geriewe, wat die repokoers plus een basispunt was, word tot die repokoers verlaag.
Die Reserwebank het egter vantevore self toegegee die rentekoers is slegs ’n baie beperkte hulpmiddel vir ekonomiese groei. ’n Verlaging van 25 basispunte in die rentekoers kan ekonomiese groei in die daaropvolgende jaar met net sowat 0,1% verhoog, volgens navorsing wat Lesetja Kganyago, president van die Reserwebank, verlede jaar aangehaal het. Dit beteken Donderdag se 100 basispunte kan ekonomiese groei met 0,4% verhoog.
Die Reserwebank voorspel dat die ekonomie in 2020 met 0,2% gaan inkrimp.
Arthur Kamp, hoofekonoom van Sanlam Investments, sê pandemies ontketen gedrag onder “ekonomiese agente” wat nie deur stimuluspakkette van die regering verander kan word nie. Die verlaging in die rentekoers kan wel help om die “wiele van die ekonomie geolie te hou”.
Kamp sê wat fiskale beleid betref, is dit belangrik dat die regering sy besteding hertoewys na die regte gebiede. “Die duidelike boodskap uit die ervaring van lande wat die ergste van Covid-19 tot op hede verduur het, is om so wyd as moontlik te toets en so gou as moontlik te isoleer.
“Dié proaktiewe strategie sal ’n ekonomiese koste hê. Nie net vereis toetsing finansiering nie, maar selfisolasie of kwarantyn impliseer klein en middelslag ondernemings maak toe. Werk gaan tydelik, of selfs permanent, verlore.
“Vroeë optrede met die regte reaksie kan egter ver gaan om die koste van die onvermydelike ekonomiese uitval te verlaag.”
Kamp sê gegewe die ontvouende gebeure, is die land se 2020-begroting nie meer die papier werd waarop dit minder as ’n maand gelede geskryf is nie. Die tesourie sal byvoorbeeld enorme aanpassings moet doen aan sy verwagtinge vir inkomste, sy skuldterugbetalings en sy uitgawes.
Die Sentrum vir Alternatiewe Inligting en Ontwikkeling (AIDC), sê ook die 2020-begroting, wat sinspeel op afleggings in die staatsektor, moet onttrek word. Dis veral omdat daar reeds 37 000 vakatures in die openbare gesondheidsektor bestaan.
Peter Attard Montalto, hoof van kapitaalmarknavorsing van Intellidex, is teleurgesteld dat die Reserwebank nie ook kwantitatiewe verruiming – soos die aankoop van staats- en korporatiewe effekte – aangekondig het nie.
Hy is ook teleurgesteld in Kganyago se bedaarde benadering.
Hy verwag dat die Reserwebank lank voor die volgende geskeduleerde sitting van die monetêrebeleidskomitee – einde Mei – weer sal moet ingryp.
“Op die oomblik behandel hulle (die Covid-19-krisis) soos ’n normale sikliese skok (weliswaar ’n skielike een), maar teen volgende maand (April) verwag ons hulle sal gedwing word om meer maatreëls in te stel, veral gegewe dat die tesourie nie juis betekenisvol kan help nie.”
Johann Els, hoofekonoom van Old Mutual, sê ook die Reserwebank sou ’n goeie boodskap uitgestuur het indien hy aangekondig het die MBK vergader voortaan maandeliks.
Montalto meen die Reserwebank moes die rentekoers selfs méér verlaag het.
“Die coronavirus is ’n eksistensiële, skielike staking van die ekonomie wanneer dit gekombineer word met die inperkings- en isolasiebeleid wat die regering nou in werking stel, ’n swak onderliggende ekonomie en fiskus, en ’n bankstelsel wat reeds vroeër vanjaar beleef het hoe swak skuld styg.”
Die verlaging kan wel ’n klein positiewe sielkundige uitwerking hê.
Montalto sê gegewe die druk op die tesourie is die banke die beste geplaas om die land deur die krisis te dra deur verbruikers en ondernemings tegemoet te kom as hulle agterstallig raak met skuld. Om dit te kan doen, vereis hulle steun van die Reserwebank, wat nié aangebied is nie.
Sanisha Packirisamy, ekonoom van Momentum Investments, beskou die rentekoersverlaging egter as ’n “sterk monetêrebeleidsreaksie” wat die ekonomie van die negatiewe uitwerking van Covid-19 kan beskut. Sy reken die Reserwebank het nou die geleentheid om te wag en kyk wat die uitwerking daarvan op vertroue en die breër ekonomie is.
“Anders as baie ontwikkelde lande, is rentekoerse in Suid-Afrika nie naastenby nul en laer nie, wat die Reserwebank met nog monetêrebeleid-ammunisie laat as ekonomiese toestande verder agteruitgaan.”
Die Reserwebank het ook nog die ruimte gelaat om ander konvensionele en onkonvensionele stukke gereedskap in te span indien finansiële markte gestres raak. Kganyago het Donderdag verseker dis nog nie die geval nie.
Prof. Raymond Parsons, ekonoom van die Noordwes-Universiteit se sakeskool, sê die verlaging sal sake- en verbruikersvertroue op ’n baie kritieke tydstip ondersteun. “Die Reserwebank se vertroue in die stabiliteit van die bankstelsel is ook welkom, maar dit bly noodsaaklik dat hy enige likiditeitstres monitor wat nog kan ontstaan. Want daar gaan ernstige kontantvloeiprobleme vir baie ondernemings ontstaan oor die maande wat voorlê.”
Hy sê die onus skuif nou na die regering se fiskale en ander ekonomiese reaksies op Covid-19. “Om Suid-Afrika se ekonomie om te keer, met Covid-19 as ’n bykomende uitdaging, sal nou meer as ooit tevore heldhaftige pogings deur die regering, sake- en arbeidsektor vereis om die pro-groei-hervormings te versnel wat ekonomiese veerkragtigheid kan bou.” – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie