Covid-19-maatreëls wurg kerke
Kerkleiers het gister gewaarsku die regulasies om die verspreiding van die pandemie hok te slaan, het die kerk in ’n krisis gedompel.
Denver Kisting – Die sekretaris-generaal van die Raad van Kerke in Namibië (CCN), mnr. Ludwig Beukes, sê kerke het reeds sowat 50% van hul inkomste verloor sedert regulasies om Covid-19 hok te slaan, kerke se deure sowat twee maande gelede gesluit het.
Hy het gister by navraag gesê ’n hoëvlakvergadering die afgelope Vrydag tussen geloofsleiers, die eerste minister, me. Saara Kuugongelwa-Amadhila, en die minister van gesondheid en maatskaplike dienste, dr. Kalumbi Shangula, het geen vrugte afgewerp nie.
“Ons het met mense ontmoet wat klaar ’n besluit geneem het.”
Volgens Beukes verdien die meeste kerke hul inkomste uit skenkings, gawes, kollekte en tiendes. “Dit is alles geraak.”
Hoewel enkele gemeentelede van elektroniese betalings gebruik maak om hul bydraes te lewer, verkies die meeste mense om tydens ’n erediens hul kollekte te lewer, sê hy.
Beukes sê Namibiese kerke het na raming tussen 5 000 en 10 000 voltydse en deeltydse mense in hul diens. “Daar is geen inkomste (vir hulle) nie.”
Aflegging staar dié mense in die gesig omdat talle kerke nie die finansiële mas kan opkom om hul salarisse onbepaald te betaal nie, het hy gewaarsku. “Dit is outomaties dat hulle hul werk sal verloor.”
Buitendien moet kerke ook nog pa staan vir ander bedryfskostes, soos water en elektrisiteit, sê hy.
Omdat die instelling geen maatskappy is nie, kom hulle nie in aanmerking vir die noodpakkette van die regering nie, het Beukes gesê.
Hy sê voorts die regulasie dat nie meer as tien mense ’n begrafnis mag bywoon nie, het baie gesinne “kultureel en geestelik drasties geraak”.
Boonop raak sommige gemagtigde amptenare hardhandig wanneer hulle begrafnisse besoek om vas te stel of die regulasies nagekom word, sê hy.
Beukes sê hulle het ’n voorlegging aan die regering gedoen, waarvolgens kerke geleidelik hul deure mag heropen.
Die aantal aanbidders sal afhang van die vloeroppervlak van die betrokke gebou en hulle het onderneem om aan die gesondheidsvereistes te voldoen, sê Beukes.
In die geval van nienakoming sou die herder aanspreeklik wees vir die N$2 000-boete en/of die ses maande se gevangenisstraf, sê hy.
Die regering het glo nie in dié voorstel belanggestel nie.
‘Nie genoeg respek’
Dr. André September, herder van die Windhoek Congregational Church, sê ’n “groter bekommernis” is dat “die regering nie genoegsaam respek toon vir die kerk as instelling nie anders sou hulle meer moeite gedoen het om met kerke te konsulteer”.
Hy meen veral die aanvanklike regulasies het nie net aanbidders ingeperk nie maar ook kerkwerkers.
Die kerk beskik oor die infrastruktuur en personeel om maandeliks na hulpbehoewendes om te sien, sê hy.
Die regulasies het hulle egter dit ontneem, sê Beukes. “Die staat moes toe van politieke ampsdraers gebruik maak om voedselverspreiding te hanteer.”
September gee vir Beukes gelyk oor die finansiële ellende wat die kerk in die gesig staar. “Dit is waar – die kerk is ook ’n instelling. Om te funksioneer, benodig jy hulpbronne en van daardie hulpbronne is finansies.
Die regering glo hulle het alle wysheid in pag. Sodra hulle ’n besluit geneem het, is dit verskriklik moeilik om hulle te beweeg.”
Omdat ’n entstof teen die virus moontlik nie binnekort beskikbaar sal wees nie, kan mense nie sonder meer tuis gehou of van die kerk af weggehou word nie, sê hy. “Daar sal ’n tyd kom wanneer die regering weer die kerk sal nodig hê. Daar is geen ander instelling met die gesag en reikwydte soos die kerk nie.”
September sê hy verneem van talle mense wat verseg om hulle geliefdes te begrawe tot die regulasies nie verslap word nie. Hulle besluit om eerder die liggame by ondernemers te hou. “Ek kan nie sien hoekom die regering nie mense ’n waardige begrafnis gun nie.”
Die president van die CCN en algemene sekretaris van die NG Kerk in Namibië, ds. Thijs van der Merwe, sê talle geliefdes kan nie afsluiting kry nie vanweë die getal mense by begrafnisse wat beperk word. “Dis belaglik. Dis besig om die rug van die kerk te breek.”
Shangula het gister gesê hy het nie Vrydag se vergadering gelei nie. “Die CCN-afvaardiging het die eerste minister gaan sien. Ek was net teenwoordig.”
Kuugongelwa-Amadhila het teen gistermiddag nog nie op navrae gereageer nie.
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie