Covid-19: Onsekerheid kan tot selfdood lei
Kundiges waarsku Namibiërs moet omsien na hul geestesgesondheid tydens die staat van inperking.
Jana-Mari Smith - Die ekonomiese- en emosionele aanslae weens die Covid-19-pandemie kan tot ’n styging in selfdood en geestesgesondheidsprobleme in Namibië lei.
“Namibië het reeds een van die hoogste selfdoodsyfers en enige trauma kan maklik dié syfer laat styg,” het terapeute by die Lifeline/Childline-kliniek gewaarsku.
Volgens die bevindinge van ’n studie wat in 2018 afgehandel is, het Namibië een van die hoogste selfdoodsyfers ter wêreld - vierde in Afrika en 11de in die wêreld.
Mnr. Shaun Whittaker, ‘n sielkundige, waarsku dit is moontlik dat meer selfdoodgevalle kan voorkom aangesien daar ’n verband is tussen depressie en ’n gevoel van wanhoop weens werkloosheid, wat binnekort ’n realiteit kan word.
“As ‘n land moet ons onsself op ‘n periode van rou en emosionele depressie voorberei.”
HARD GETREF
Indien Covid-19 tot sterftes lei, “sal baie families en gemeenskappe in ‘n toestand van depressie verval. Dit sal tragies vir maande aanhou,” het Whittaker gesê.
Mnr. Ben Cloete van Lifeline/Childline waarsku die toekoms lyk vir baie onseker “wat tragiese gevolge kan hê vir diegene wat reeds met onderliggende geestesgesondheidsprobleme sukkel.”
Volgens Cloete gaan die ekonomiese agteruitgang veral kwesbare gesinne raak, wat reeds voor die pandemie sosiaal-ekonomiese uitsluiting ervaar het.
“Gewoonlik sal die onvermydelike sosiale afsondering angsvlakke vererger – onsekerheid oor wanneer alles gaan eindig en hoe die lewe hierna gaan wees.
Whittaker het gewaarsku die kwesbares en gemarginaliseerdes gaan die hardste getref word. Dit sluit in bejaardes, gestremdes, armes en dié wat alleen woon of reeds met geestesgesondheidprobleme sukkel.
Geestesgesondheidwerkers en ma’s wat moet werk terwyl die kinders tuis bly, tel ook onder die kwesbares.
Kliniese sielkundige me. Heidi Burmeister-Nel waarsku ekonomiese druk is een van die topdrie spannings wat ervaar kan word en “is nie ‘n probleem wat binne ‘n paar weke opgelos gaan word nie.”
Nietemin stem die kenners saam dat daar is wel stappe wat individue en gesinne kan neem om die nagevolge ligter te maak.
SOLIDARITEIT
Burmeister-Nel het gesê alhoewel dit moeilik is om akkurate voorspellings te maak oor wat die langtermyn-impak op die land gaan wees, is daar wel hoop in dié onsekere tyd.
“Ek hoop en vertrou die gevoel van solidariteit tussen Namibiërs kan ons meer empaties teenoor mekaar maak. Dit kan of sal vir ons groot voordeel inhou te midde van die onsekerheid.”
Sy het bygevoeg mense reageer verskillend in krisistye, afhangend van hul aanpasbaarheid, die hulpbronne tot hul beskikking, ondersteuningsnetwerke en persoonlikhede.
“Party sal aksie neem in ‘n krisistyd, terwyl ander sal stagneer. Mense het verskillende breekpunte.”
Me. Cynthia Beukes, ‘n kliniese sielkundige by die Bel Esprit-hospitaal, meen dit is moeilik om die toekoms onder die huidige omstandighede te voorspel, maar onsekerheid bied ook geleenthede.
“Dit kan ons die geleentheid gee om ons sterkpunte te ontdek, of dit kan ons swakpunte uitwys.”
Sy sê baie mense kan hulle deur vrees en angs laat onderkry, maar ‘n aanpassing in denkwyse kan help.
“Dit sal voordelig wees om ons fokus te verskuif van dít wat ons nie het nie, na dit wat ons wél het. Dít wat ons kan beheer. So kan ons die moeilikste tye meer draaglik maak.”
HERSTELPAD
Onder die strategieë wat deur Lifeline/Childline aanbeveel word, is vir gesinne om mekaar emosioneel te ondersteun en oop kommunikasiekanale tuis te handhaaf.
Die hulpsentrum moedig mense aan om gereeld kontak met vriende en familie te maak en gevoelens van angs en onsekerheid met hulle te deel. Mense word ook aangemoedig om te oefen, stories te vertel en aan ander vreugdevolle aktiwiteite deel te neem.
Beukes het klem gelê op die belang van daaglikse roetine wat geestesgesondheid en selfsorg prioritiseer. Volgens haar moet mense nie die nuus die heeltyd dophou nie en moet hulle fopnuus probeer vermy, aangesien dit angs kan wek.
“Die inperking is ‘n geleentheid om gesonde aanpassings aan jou leefstyl te maak, genoeg slaap te kry en die perfekte tyd om op te hou rook en drink,” het Whittaker gesê.
Burmeister-Nel het ‘n beroep op mense gedoen om kalm te bly en om te verstaan dat daar nie meer ’n “normaal” is nie. “Dit is nie ‘n liniêre proses nie. Dit gaan verskil. Dit is deel van die verwerkingsproses.”
Sy het mense gevra om verantwoordelikheid te neem vir hulle angs en onsekerheid.
“Maak ‘n doelbewuste besluit om jou nie onnodig te kwel oor dinge wat jy nie kan beheer nie, en neem eerder beheer van dít wat jy kan.”
Spesialiste meen ook dit is vir baie ‘n geleentheid om te fokus op dinge waarvoor hulle gewoonlik nie tyd het nie, om die self-isolasie en onsekerheid in ‘n betekenisvolle ervaring te omskep. – [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie