Covid-19: Positiwiteitskoers laer, een nuwe sterfte
Die ministerie van gesondheid het vandag 268 nuwe gevalle van Covid-19 vir die afgelope Saterdag aangekondig.
Hiervan is 27 herinfeksies; soos gister steeds 10% van die totaal.
Oor naweke word heelwat minder toetse verwerk. Saterdag is net 1 302 monsters getoets waarvan 18,5% positief was. Die koers was voor dit meer as 20%.
Distrikte met 10 of meer gevalle: Windhoek 144, Swakopmund 27, Gobabis 26, Karasburg 20, Okahandja 19
Die nuwe gevalle sluit agt gesondheidswerkers in.
Nog 162 gevalle word as herstel beskou, en die algehele hersteltempo staan op 94,7% met 3 392 aktiewe gevalle.
‘n Enkele nuwe sterfte is aangekondig.
Volgens die daaglikse Covid-19-bulletin het ‘n 72-jarige vrou Vrydag in Windhoek gesterf. Geen verdere besonderhede word verstrek nie, buiten dat sy volledig ingeënt was.
Van die 3 578 persone wat dusver weens Covid-19- en/of verwante oorsake in Namibië gesterf het, was net nege volledig ingeënt. Dit verteenwoordig 0,25% van die totaal en veral in ouer persone kan onderliggende siektetoestande ‘n rol in sulke sterftes speel.
HOSPITALISERING
Die aantal persone in hospitale en intensiewesorgeenhede bly onveranderd op onderskeidelik 72 en drie.
Vergelykenderwys is die syfers 77% en 95% minder as toe die derde golf van die pandemie op dieselfde punt was. Toe was 311 persone gehospitaliseer en 56 in die ICU.
Ons gebruik 3 Junie 2021 vir hierdie vergelyking omdat die huidige daaglikse gemiddeld vir nuwe gevalle (gemeet oor sewe dae) op 463 steen teenoor gister se 445. Die gemiddeld styg stadiger omdat minder nuwe gevalle bevestig is.
Op 3 Junie was hierdie gemiddeld op 473 omtrent dieselfde.
ANDER SYFERS
Die aantal persone in amptelike kwarantyngeriewe bly onveranderd op 276.
Net vyf nuwe inentings is Saterdag deur die Zambezistreek gerapporteer.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie