Covid-19: Positiwiteitskoers steek 20% verby
Covid-19: Positiwiteitskoers steek 20% verby

Covid-19: Positiwiteitskoers steek 20% verby

Dani Booysen
Een uit vyf toetse vir Covid-19 wat Woensdag verwerk is, was positief.
Uit 2 619 toetsmonsters was 554 of 21,2% positief volgens vandag se daaglikse bulletin deur die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste.
Die positiwiteitskoers dui aan hoe wyd verspreid aansteking voorkom.
Dinsdag was die koers 16,5% en die vyf dae voor dit 9,8%, 7%, 8,8%, 7,4% en 8,4%.
In Suid-Afrika is die koers tans 29,8%.
Van die nuwe gevalle is 376 in Windhoek aangeteken.
Ander distrikte met 10 of meer nuwe gevalle: Walvisbaai 55, Otjiwarongo 29, Okahandja 20, Usakos 16, Lüderitz 13, Swakopmund 13.
Die nuwe gevalle sluit 36 gesondheidswerkers, 28 leerlinge, 16 studente en vier onderwysers in.
Van die 554 persone het 61 (11% of een uit tien) al voorheen Covid gehad.
Herstelde gevalle styg met 79 tot 125 846, wat beteken die herstelkoers is tans 95,9%.
Daar is tans 1 797 aktiewe gevalle.
Die aantal persone wat weens Covid-19 gehospitaliseer is, het Woensdag van 51 tot 74 toegeneem met nog een opname in intensiewesorg, waar vier pasiënte tans versorg word; almal in Windhoek.
Geen nuwe sterftes is gerapporteer nie.
Tans word 255 persone in staatsgoedgekeurde kwarantyngeriewe gehuisves.
In Namibië was 13% van die bevolking teen Woensdag volledig ingeënt.
Inentingskoerse (afgerond) per streek is as volg:
Kavango-Wes 30%
Hardap 20%
Kunene 18%
//Kharas en Khomas 17%
Erongo, Omaheke en Otjozondjupa 16%
Kavango-Oos, Omusati, Oshana en Oshikoto 9%
Ohangwena 8%
Zambezi 6%
Die regering het gesê hy sal indien nodig teen Woensdag of reeds vroeër huidige bekampingsmaatreëls hersien.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!