Covid-19-reisbeperking strem Dippenaar-verhoor
Covid-19-reisbeperking strem Dippenaar-verhoor

Covid-19-reisbeperking strem Dippenaar-verhoor

Erwin Leuschner
Erwin Leuschner op Swakopmund - Ná twee kort dae in die moordverhoor van mnr. Jandré Dippenaar is die saak Woensdag in die Swakopmundse streekhof tot 3 Augustus uitgestel.


Die rede vir nóg 'n lang uitstel in die marathonverhoor is die huidige Covid-19-inperkingsmaatreëls.

Die staatsgetuie en ongeluksrekonstruksiekundige, mnr. Johan Joubert, wat in Suid-Afrika bly en weer moet getuig, kan weens die huidige hokreëls nie Namibië inkom en in die hof teenwoordig wees nie.

Vir die volgende hofverhoor is weer vyf dae uitgesit. Indien die reisbeperking tussen Namibië en Suid-Afrika steeds dan van krag is, is Joubert se aankoms in die land en die voortduur van die saak onwaarskynlik.

Aanklaer Ethel Ndlovu het Woensdag aan die hof gesê Joubert sal moontlik die laaste staatsgetuie wees wat die staat sal roep.

"Maar dit hang af van sy getuienis," het sy gesê.

Tydens vandeesweek se verhoor het twee ander staatsgetuies getuig. Dit sluit die landmeter, mnr. Herman Engelbrecht, in wat vlugtig getuig het oor die pad tussen Swakopmund en Hentiesbaai wat weer geteer is. Die ander getuie is mnr. Watze Hepkema, 'n tegniese direkteur van Aurecon, wat onder meer oor die veilige remafstande van voertuie getuig het.

Dippenaar staan tereg op ses moordklagte, roekelose of nalatige bestuur, bedrog en bestuur sonder 'n geldige rybewys.

Hy word daarvan aangekla dat hy 'n noodlottige trompop botsing tussen Swakopmund en Hentiesbaai op 29 Desember 2014 veroorsaak het, wat die lewens van ses mense geëis het.

Die slagoffers sluit in drie Namibiërs mnr. JC Horn (27), mee. Dinah Pretorius (30) en Charlene Schoonbee (24), asook drie Duitse toeriste van die Joschko-gesin. Slegs die jongste lid, Antonia Joschko, het oorleef.

- [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!