Covid-19 se arbeidsregulasies is ongrondwetlik
Ronelle Rademeyer - Werkgewers in Namibië het ’n slag in die hoërhof geslaan oor wat die president se bevoegdhede ingevolge Artikel 26(5) van die Grondwet tydens ’n noodtoestand is.
Die gewraakte arbeidsregulasies in proklamasie 17 van 2020 wat op 4 Mei ingevolge die Covid-19-noodtoestand uitgevaardig is en werkgewers verbied om werknemers af te lê, hulle salarisse te verminder of hulle op verlof te plaas, is ongrondwetlik en ongeldig.
Dít was vanoggend die bevinding van ’n volbank in die hoërhof in Windhoek nadat die Namibië Werkgewersfederasie (NEF), die Namibië Werkgewersvereniging (NEA) en vyf maatskappye in die safari-, lugvaart-, vervoer- en drukkersbedryf op 29 Mei die grondwetlikheid daarvan in ’n dringende aansoek wat in hoërhof betwis het.
Die werkgewersliggame en van hul lede het ’n somber prentjie aan die hof geskets oor die ekonomiese ellende waarin die noodtoestand en inperkingsmaatreëls ondernemings gedompel het.
“Ons twyfel nie dat die president se motiewe (met die uitvaardiging van die proklamasie) edel was nie, maar hy is verkeerd geadviseer en tot ’n sekere mate selfs mislei,” het adv. Raymond Heathcote, SC, namens die applikante betoog.
Hy het aangevoer die regulasies hou nie direk verband met die doel van die noodtoestand wat is om die nasie teen ’n gesondheidsramp te beskerm nie.
Die volbank het bestaan uit regters Shafimana Ueitele, Hannelie Prinsloo en Thomas Masuku.
Adv. Jean Marais, SC, het die president en die ander respondente saam met mnr. Sisa Namandje verteenwoordig.
Lees die volledig berig môre in Republikein.
Foto: Pixabay

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie