Covid-19 se donker skadu oor geestesgesondheid
Reeds voor die volle omvang en impak van die Covid-19 Namibië getref het, is selfdood reeds as 'n pandemie in die land beskou.
Henriette Lamprecht – In die eerste studie wat gevalle van selfdood oral in die wêreld tydens die Covid-19-pandemie ondersoek het, is bevind gevalle in hoë-inkomste- en hoërmiddelinkomstelande het grootliks onveranderd gebly of selfs in die eerste maande van die pandemie afgeneem.
‘n Gebrek aan betroubare data oor selfdoodgevalle in lae- en middelinkomstelande soos Namibië maak dit egter onmoontlik om te bepaal wat die impak van die pandemie op selfdoodkoerse plaaslik en in lande soos Suid-Afrika en die res van die wêreld was.
Die kenners wat aan die studie deelgeneem het, was dit eens dit is te gou om die impak van die pandemie in dié opsig te bepaal en dat daar nie summier aanvaar moet word dat selfdoodkoerse noodwendig toeneem voordat genoeg data voldoende ontleed is nie.
Kenners verbonde aan die Universiteit Stellenbosch (US) is betrokke by die internasionale studie wat sedert die aanvang van die Covid-19-pandemie selfdoodkoerse oraloor die wêreld volg. Die navorsing is in die jongste uitgawe van The Lancet Psychiatry gepubliseer.
Prof. Jason Bantjes van die Instituut vir Lewenskoers-gesondheidsnavorsing by die universiteit se fakulteit vir medisyne en gesondheidswetenskappe is deel van die Internasionale Covid-19 Selfdoodvoorkoming Navorsing en Samewerking (ICSPRC) wat die navorsing uitgevoer het.
Die ICSPRC is ‘n internasionale netwerk van kenners in die voorkoming van selfdood wat saamwerk om die impak van die pandemie op globale selfdoodgevalle te verstaan.
Volgens Bantjes is dit die eerste studie om dié onderwerp aan te pak.
Met verwysing na gevalle van selfdood in hoë-inkomste- en hoërmiddelinkomste lande wat grootliks onveranderd gebly het, sê hy dit beteken nie noodwendig mense bevind hulself nie in psigologiese nood as gevolg van die pandemie nie.
“Dit lig egter duidelik uit dat daar nie ‘n eenvoudige, liniêre verhouding tussen psigologiese nood en selfdood is nie,” sê Bantjes.
“Psigologiese nood is slegs een faktor in ‘n komplekse netwerk van faktore wat tot selfdood lei.”
Volgens hom is dit nodig om selfdoodstatistieke in lande soos Suid-Afrika voortdurend te monitor om sodoende ingeligte besluite gebaseer op bewyse te neem.”
Bantjes het gemaan selfdood kan voorkom word en hulp is beskikbaar.
“Mense met selfdoodgedagtes moet professionele hulp soek en uitreik na maatskaplike ondersteuningstelsels en hulplyne.”
Die deelnemers aan die navorsing het beklemtoon regerings wêreldwyd moet egter op hul hoede wees soos die langer termyn geestesgesondheid en ekonomiese uitwerking van die pandemie ontvou en gevolglik stelsels in plek het om op te tree sou die situasie verander.
Die navorsing het die aantal selfdoodgevalle in 21 lande tussen 1 April en 31 Julie verlede jaar ondersoek en dit vergelyk met koerse in die vorige een tot vier jaar.
Die hoofskrywer van die studie, professor Jane Pirkis, direkteur van die sentrum vir geestesgesondheid aan die Universiteit van Melbourne in Australië het beklemtoon die data moet voortdurend gemonitor word.
“Ons moet bedag wees op enige toename in selfdoodgevalle, veral soos die pandemie se volle ekonomiese gevolge na vore kom,” het sy gesê.
Sy het ook gemaan beleidsmakers moet die belangrikheid van hoë kwaliteit en tydige data erken om pogings te ondersteun om selfdoodgevalle te voorkom. Dit moet volgens Pirkis risikofaktore kan bestuur wat met die Covid-19-pandemie verwant hou. Risikofaktore sluit verhoogde vlakke van stres en finansiële moeilikhede in wat sommige mense as gevolg van die pandemie kan ervaar.
“Die verhoging van dienste vir geestesgesondheid en selfdoodvoorkomingsprogramme asook die voorsiening van finansiële veiligheidsnette kan moontlik help om die moontlike langer termyn nadelige uitwerking van die pandemie op die voorkoms van selfdoodgevalle voorkom.”
Pirkis is dit eens dat die uitwerking op die geestesgesondheid van inwoners weens die pandemie tussen en binne lande gaan verskil en oor tyd gaan afhang van faktore soos die omvang van die pandemie, die openbare gesondheidsmaatreëls om dit te beheer, die kapasiteit van bestaande geestesgesondheidsdienste en selfdoodvoorkomingsprogramme, sowel as die sterkte van die ekonomie en verligtingsmaatreëls om dié te ondersteun wie se lewensbestaan deur die pandemie geraak en bedreig word.
Dié eerste studie van sy soort het sowat 70 skrywers van 30 lande betrek. Hulle is almal lede van die ICSPRC wat spesiaal gestig is om kennis te deel oor die impak van die pandemie op selfdood en selfdoodpogings en het ten doel om die risiko’s te bestuur.
Die studie het 21 lande en streke ingesluit, 16 hoë-inkomste- en vyf hoërmiddelinkomstelande, en sluit data van tien lande as geheel in en 25 spesifieke gebiede in 11 lande.
Wat die skrywers baie duidelik in die studie maak is dat lae- en laermiddelinkomstelande wat 46% van die wêreld se selfdoodgevalle verteenwoordig en moontlik veral swaar deur die pandemie getref is, nie by die data ingesluit is nie.
Volgens die skrywers is daar tekens wat kommer wek dat die pandemie juis in dié lande die voorkoms van selfdoodgevalle negatief gaan beïnvloed. In dié lande, wat Namibië insluit, is dit egter baie moeilik om inligting te verifieer, omdat min van die lande goeie kwaliteitstelsels vir die registrasie van sterftes het en dat min ook werklike selfdooddata versamel.
Daarmee saam is die insameling van data vir alle lande moontlik minder betroubaar, sou dié prosesse deur die pandemie ontwrig is.
Volgens ‘n navorsingstuk oor selfdood wat onlangs deur die Noord-Ierse Vergadering gepubliseer is, gaan die Covid-19-pandemie ‘n diepgaande uitwerking op geestesgesondheid hê wat vir baie jare nog gevoel gaan word.
Volgens die navorsingstuk is daar opkomende bewyse dat veral die geestesgesondheid van jonger mense “buite verhouding” beïnvloed is.
Die stuk het gewaarsku verswakkende geestesgesondheid met selfdood- en selfdoodrisiko moet vermy word.
“Beperkingsmaatreëls wat tydens die pandemie geïmplementeer is, tesame met byvoorbeeld eensaamheid, werks- en inkomsteverliese, droefheid en die direkte of indirekte impak van Covid-19 het gelei tot verhoogde vlakke van angs. Dit het ‘n negatiewe invloed op baie mense se geestesgesondheid gehad,” lui die navorsingstuk.
Die pandemie het ook gewys onderafdelings van bevolkings word elk anders beïnvloed en in veral werkers aan die voorpunt van die pandemie, dié wat met Covid-19 gehospitaliseer is of wat steeds newe-effekte ná hul ontslag ervaar, sowel as dié met minder maatskaplike of ekonomiese hulpbronne.
Vorige pandemies is met ‘n toename in selfdoodkoerse geassosieer. In Amerika byvoorbeeld is ‘n toename in selfdoodgevalle tydens die Spaanse griep van 1918 tot 1919 ervaar. Hongkong het ‘n toename in selfdoodgevalle tydens die SARS-uitbreking in 2003 ervaar, terwyl Afrika ‘n toename in selfdoodgevalle tydens die Ebola-epidemie aangeteken het.
Moontlike risikofaktore vir selfdood tydens pandemies sluit in isolasie, vrees, psigologiese afwykings, ‘n toename in huishoudelike geweld, ekonomiese druk en marginalisasie.
Die pandemie het baie sakeondernemings gedwing om hul deure te sluit of as gevolg van inperkingsmaatreëls hul werksaamhede aansienlik af te skaal. Kerke en gemeenskapsentrums is gedwing om te sluit wat bydra tot sosiale isolasie en afsondering. Voortgesette mediadekking van die pandemie verhoog ook mense se angs en vrese, veral by dié met bestaande geestestoestande.
Struikelblokke tot die behandeling van geestesgesondheid is ook ervaar met toenemende beperkings op gesondheidsgeriewe.
In Amerika het statistieke gewys veral bejaardes trek swaar weens isolasie, depressie en angs, met self-isolasie wat veral dié hard tref wat nie nabye familie of vriende, of ‘n mindere mate van toegang tot digitale hulpbronne het nie.
In Engeland het voorlopige data getoon gevalle van selfdood onder kinders het tydens die eerste fase van die grendeltydperk gestyg, moontlik weens die ontwrigting in onderrig, buitemuurse aktiwiteite en ondersteuningsdienste. As ‘n voorbeeld word Maryland in Amerika uitgesonder waar die progressiewe sluiting van besighede ‘n toename van selfdood onder swart inwoners veroorsaak het. Die pandemie het na beraming die verlies van sowat 25 miljoen werksgeleenthede oraloor die wêreld beteken. Globale studies van die Groot Depressie in die vroeë 2000’s het gevind die risiko vir selfdood is met 20% tot 30% verhoog.
Individue met bestaande geestesgesondheidsprobleme is ook meer geneig om geraak te word deur ‘n terugval, ‘n onderbreking in psigiatriese dienste, toenemende isolasie en die moontlike verhoging van angs weens die pandemie. Mediese personeel voel toenemend hulpeloos, skuldig en lei aan slaaploosheid wat ook die risiko tot selfdoodgedagtes kan verhoog.
Gebaseer op studies van vorige pandemies, kan daar aanvanklik ‘n afname oor die kort termyn in selfdood wees, maar kan later toeneem. Studies in natuurlike rampe dui op ‘n kort termyn afname in selfdood in die onmiddellike nadraai van ‘n ramp, maar ‘n toename later. Beskryf as die sogenaamde “wittebroodsfase” of die fenomeen van “ons almal staan saam” het dit gelei tot ‘n toenemende maatskaplike en sosiale “verbintenis”, gemeenskappe wat saamtrek en gemeenskaplike ondersteuning in die akute fase van die pandemie. Terwyl die volle impak van die Covid-19-pandemie op mense se geestesgesondheid nog onduidelik is, is dit noodsaaklik om stelsels te implementeer om dit te bestuur. Dit is egter baie duidelik die impak van selfdood gaan oor tyd en volgens nasionale bruto binnelandse produk en individuele karaktereienskappe soos sosioëkonomiese posisie, etnisiteit en geestesgesondheid verskil.
NAMIBIë: MANS IS MEER KWESBAAR
Reeds voor die volle omvang en impak van die Covid-19-pandemie met die gepaardgaande grendeltydperk en inperkingsmaatreëls Namibië getref het, was die land se selfdoodkoers as een van die hoogste in Afrika en in die wêreld en as ‘n kommerwekkende pandemie beskryf. Volgens ‘n omvattende studie wat twee jaar gelede deur die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste uitgereik en gebaseer is op beskikbare plaaslike statistieke, was Namibië toe reeds vierde in Afrika en 11de in die wêreld in terme van selfdoodkoers per kapita.
Namibië se selfdoodkoers word beraam as dubbel dié van die globale koers van 11 selfdoodgevalle per 100 000 lede van die bevolking.
Kenners het reeds voordat die pandemie sy tol op lewens en inkomste begin eis het, gemaan die verskeie maatskaplike en ekonomiese gevolge van Covid-19 kan baie moontlike selfdoodgevalle in die maande en jare daarna laat opskiet.
In Namibië veral is ekonomiese stres, insluitend werkloosheid, ‘n sleuteldryfveer tot selfdoodgedrag. Plaaslike sielkundiges is dit eens daar is ‘n duidelike verband tussen ekonomiese depressie en ‘n styging in gevalle van selfdood, depressie en kommer oor geestesgesondheid in die algemeen.
Volgens dié kenners kan werkloosheid, finansiële stres en armoede ‘n verwoestende uitwerking op geestesgesondheid hê.
Syfers wat verlede jaar uitgereik is, wys 800 selfdoodgevalle is in 18 maande in Namibië aangeteken, in 2019 was dit 486. In die eerste sewe maande van verlede jaar, van Januarie tot 31 Julie, het die Namibiese polisie 266 selfdoodgevalle aangeteken.
In Namibië is meer mans as vroue geneig om selfdood te pleeg wat duidelik weerspieël word deur die 409 mans en die 58 vroue wat in 2019 selfdood in die land gepleeg het. In die eerste sewe maande van verlede jaar was dit weer die geval met 222 volwasse mans wat selfdood gepleeg het teenoor 31 volwasse vroue. Die meeste van die gevalle verlede jaar is in die Khomasstreek aangeteken, gevolg deur Omusati en Otjozondjupa.
Navorsing het ook getoon mans in hul ekonomiese produktiewe jare is die meeste geneig om selfdood te pleeg. Statistieke van die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste het gewys in die eerste ses maande van verlede jaar het ten minste 435 mense probeer selfdood pleeg. ‘n Verslag van die ministerie wat twee jaar gelede gepubliseer is, het getoon ‘n beraamde 25 000 mense het in 2015 alleen probeer selfdood pleeg.
– Bronne: The Lancet, bbc.com, hopkinsguides.com, sciencedaily.com, bmj.com

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie