Covid-19: Sewedae oorsig
Covid-19: Sewedae oorsig

Covid-19: Sewedae oorsig

Dani Booysen
Met ‘n rekord van 595 nuwe gevalle van Covid-19 wat gister aangekondig is, teken Namibië nou gemiddeld 425 nuwe gevalle per dag aan.
Oor die sewedaesiklus voor dit was die nasionale gemiddeld 262. Dit verteenwoordig ‘n toename van 62%.
Van die 595 nuwe gevalle is 530 kontakte van persone wat reeds positief getoets het. ‘n Totaal van 2 114 monsters is Woensdag getoets; die syfer sluit hertoetse in.
Ons grafika toon die 12 distrikte wat nou daagliks 5 of meer nuwe gevalle rapporteer.
Nuwe gevalle is die afgelope sewe dae in 31 van Namibië se 35 gesondheidsdistrikte aangemeld. In 21 distrikte is die daaglikse gemiddeld twee of meer.
Buiten vir Karasburg het net vier ander distrikte ‘n afname in daaglikse gemiddeldes beleef: Khorixas (3 na 2), Keetmanshoop (4 na 2), Andara (1,4 na 1,3) en Tsandi (0,7 na 0).
Vertragings in toetsuitslae kan beteken die werklike prentjie lyk heelwat anders.
Dit was Woensdag 285 dae sedert die eerste gevalle van Covid-19 in Namibië bevestig is.

BRANDPUNTE
Windhoek het nou byna 10 000 kumulatiewe gevalle. Hierdie 9 959 bevestigde gevalle vir die Khomasstreek verteenwoordig byna die helfte (48%) van Namibië se meer as 20 000 gevalle.
Die Swakopmund-distrik het die 1 000-kerf verbygesteek. Lüderitz-distrik het nou meer as 600 gevalle, Otjiwarongo-distrik meer as 400, Okahandja-distrik meer as 300 en Opuwo meer as 200.
Die grootste getalle van nuwe positiewe toetse wat gister aangekondig is, was as volg: Windhoek 255, Opuwo 66, Rehoboth 46, Lüderitz 44, Swakopmund 37, Oshakati 33, Otjiwarongo 27 en 16 op Karasburg. Op Otjiwarongo het 13 personeellede van die Cheetah Conservation Fund (CCF) positiewe uitslae ontvang.
Vier nuwe sterftes is bevestig: een elk in Windhoek, Swakopmund, op Okahao en Usakos.
Die dodetol vir Desember staan nou op 31.
Gister se syfers word later vandag aangekondig.

HOSPITALE
Die aantal gehospitaliseerde pasiënte het tot 229 toegeneem. Van die pasiënte ontvang 36 intensiewe sorg.
Die minister van gesondheid en maatskaplike dienste, dr. Kalumbi Shangula, het gister opnuut benadruk dat die tweede golf inderdaad gesondheidsgeriewe kan oorweldig indien verspreiding nie in bedwang gebring word nie.
Top op hede het 896 gesondheidswerkers die coronavirus opgedoen; 149 in die afgelope sewe dae.
Die nuwe gevalle is as volg per streek versprei: Khomas 72, Oshana 15, Erongo 14, //Kharas 13, Kunene 10, Otjozondjupa 10, Oshikoto 7, Hardap 3, Omaheke 2, Kavango-Oos 1, Omusati 1 en Zambezi 1.
Oor die vorige sewedaesiklus het 126 gesondheidswerkers positief getoets.
Die nuwe gevalle is 18% meer.
Republikein sal jou daaglikse tydens die feesseisoen op hoogte van die jongste bring.

Kommentaar

Republikein 2025-01-09

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 26° Rundu: 19° | 34° Eenhana: 22° | 34° Oshakati: 23° | 33° Ruacana: 21° | 34° Tsumeb: 20° | 33° Otjiwarongo: 19° | 33° Omaruru: 20° | 34° Windhoek: 22° | 32° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 16° | 20° Swakopmund: 16° | 17° Walvis Bay: 17° | 21° Rehoboth: 22° | 33° Mariental: 22° | 35° Keetmanshoop: 19° | 34° Aranos: 22° | 34° Lüderitz: 16° | 29° Ariamsvlei: 19° | 35° Oranjemund: 16° | 25° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 21° | 28° Lubumbashi: 17° | 22° Mbabane: 18° | 28° Maseru: 18° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 19° | 24° Maputo: 23° | 34° Windhoek: 22° | 32° Cape Town: 19° | 23° Durban: 22° | 28° Johannesburg: 17° | 24° Dar es Salaam: 26° | 31° Lusaka: 18° | 25° Harare: 17° | 21° #REF! #REF!