Covid-19-sterfte: Begrawe of veras
Covid-19-sterfte: Begrawe of veras

Covid-19-sterfte: Begrawe of veras

Henriette Lamprecht
Henriette Lamprecht – Namibië volg die protokol van die Wêreldgesondheidsorganisasie (WHO) wanneer dit by die hantering en begrafnisse van pasiënte kom wat aan Covid-19 gesterf het.

Dit is deur die minister van gesondheid en maatskaplike dienste (MoHSS), dr. Kalumbi Shangula, bevestig.

Die land se agt Covid-19-verwante sterftes is almal op Walvisbaai aangeteken waar die hawedorp se munisipaliteit tydens ’n raadsvergadering ’n resolusie aanvaar het dat Walvisbaai se begraafplase wel hiervoor gebruik kan word.

Die resolusie volg op ’n versoek in dié verband deur MoHSS.

Die hawedorp het ook ’n begrafniskomitee saamgestel wat spesifiek op Covid-19-verwante sterftes sal fokus.

Die munisipaliteit het beslis dié sterftes kan wel in bestaande begraafplase ter ruste gelê word. Naasbestaandes sal ook deur die komitee betrek word om te besluit of hulle hul geliefdes in die begraafplaas in die dorp of dan in die in Narraville of Kuisebmond wil begrawe.

Die WHO-regulasies maak dit duidelik geen bewyse bestaan dat persone met Covid-19 besmet is nadat hulle blootgestel is aan die liggame van mense wat aan die siekte doodgegaan het nie.

Die veiligheid en welstand van elkeen wat dié liggame hanteer, behoort egter die eerste prioriteit te wees.

Volgens die regulasies moet die nodige handreinigers en persoonlike beskermende toerusting (PPE’s) voortdurend beskikbaar wees aan elke persoon wat op welke manier ook al die liggame hanteer.

Die vinnige “ontslae” raak van ’n liggaam van ’n persoon wat aan Covid-19 gesterf het, moet volgens die WHO vermy word, maar die beweging en hantering daarvan moet tot die minimum beperk word.

Die regulasies vereis dat die liggaam ná die sterfte in linne toegedraai en so gou as moontlik na die lykhuis vervoer word.

Dit is nie nodig om die liggaam te ontsmet voordat dit vervoer word nie. Nóg lyksakke nóg spesiale toerusting of voertuie is nodig om die liggaam te vervoer.

Gesondheidswerkers of personeel van lykhuise wat die liggaam voorberei vir ’n begrafnis, moet volgens die WHO gepaste PPE’s volgens standaard voorsorgmaatreëls dra en wat onder meer handskoene en mediese maskers insluit. Die balsem van die liggaam word nie aangemoedig nie, in ’n poging om oordrewe manipulasie van die liggaam te vermy.

Die regulasies maan dat volwassenes ouer as 60 jaar, sowel as mense met ’n verswakte immuniteit nie direk in kontak met die liggaam moet kom nie.

Sou ’n liggaam met vermoedelike of bevestigde Covid-19 vir ’n nadoodse ondersoek uitgesonder word, moet gesondheidsorggeriewe verseker veiligheidsmaatreëls is in plek om dié te beskerm wat die ondersoek uitvoer. Ook hier moet net ’n minimum aantal mense betrokke wees en gepaste PPE’s beskikbaar wees.

Mense wat aan Covid-19 gesterf het, kan volgens die WHO begrawe of veras word. Personeel betrokke by die plaas van die liggaam in die graf moet handskoene dra en hul hande met seep en water was wanneer die begrafnis afgehandel is. Begrafnisgangers word beperk en moet te alle tye sosiale afstand handhaaf en protokol met betrekking tot persoonlike higiëne en maskers volg.

Die besittings van die oorledene hoef nie verbrand of weggegooi te word nie. Dit moet egter met handskoene hanteer en met ’n ontsmettingsmiddel gereinig word.

Kledingstukke en ander materiaal wat aan die oorledene behoort, moet met warm water en seep in ’n wasmasjien gewas word. Dit moet in die son gedroog word.

Volgens die WHO mag naasbestaandes die liggaam besigtig nadat dit vir die begrafnis voorberei is, maar moet hulle nie aan die liggaam raak nie.
[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!