Covid-19: Sterftes styg met 2
Nog 355 gevalle van Covid-19 is vanmiddag deur die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste bevestig.
Namibië staan met 19 984 gevalle op die drumpel van die 20 000-kerf.
‘n Totaal van 1 773 toetse is gister gedoen.
Twee nuwe sterftes is ook aangekondig, wat die dodetal op 183 te staan bring (0,9% van bevestigde gevalle). In Desember het 26 mense reeds gesterf.
Die jongste slagoffers is ‘n 56-jarige man in die Okahandja-distrik en ‘n 61-jarige man van Windhoek. Beide het ander siektes onder lede gehad.
Van die nuwe gevalle is 151 afkomstig van Windhoek, 41 uit die Lüderitz-distrik, 40 van Walvisbaai, 37 van Swakopmund, 32 van Otjiwarongo en 14 van Okahandja. Dertien ander distrikte het agt of minder nuwe gevalle aangeteken.
Werkgewers is gewaarsku om nie mense met die virus te dwing om vir werk te rapporteer nie.
Nog 575 persone het teen gister herstel; 377 in Windhoek. Die land se herstelkoers staan op 84,5%.
‘n Totaal van 220 pasiënte met die coronavirus was gehospitaliseer en 36 in intensiewesorg; 34 in Windhoek en 2 in die Erongostreek.
Onder die nuwe gevalle tel steeds skoolgaande kinders, studente, onderwysers, asook werkers in die mynbousektor en visserye.
Nog 22 gesondheidswerkers het positief getoets.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie