Covid-19: Tieners kan nou ook inent
Die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste het vanmiddag aangekondig dat kinders tussen die ouderdomme van 12 en 17 ook teen Covid-19 ingeënt kan word.
Ouers of voogde se toestemming is egter nodig.
Dr. Kalumbi Shangula, die minister, het vanmiddag tydens die regering se maandelikse beleidsaankondiging gesê die besluit word ondersteun deur internasionale bewyse dat sommige kinders ook aan ernstig siekte en die dood blootgestel is.
Net Pfizer sal tans vir die groep gebruik word.
Kinders met mediese toestande wat hul risiko verhoog, sal voorkeur kry, maar die regering moedig alle tieners aan om geïmmuniseer te word.
Wat aanvullende dosisse (“booster shots”) betref, is die regering se besluit om eers die inenting van 60% van die bevolking te prioritiseer.
Oor die meng van entstowwe staan die regering by die Wêreldgesondheidsorganisasie (WHO) se mening dat die opvolg van 'n dosis AstraZeneca met Pfizer (nie in omgekeerde volgorde) net gerade is waar daar 'n tekort aan entstowwe bestaan. Navorsing het die voordele hiervan volgens Shangula ook nog nie bo twyfel bewys nie en entstowwe behoort dus nie sonder meer gemeng te word nie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie