Covid-19: Veldhospitaal glo onbeman
Covid-19: Veldhospitaal glo onbeman

Covid-19: Veldhospitaal glo onbeman

Die president se besoek was om hom te vergewis van Namibië se gereedheid vir 'n moontlike uitbreking van die virus in die land.
Henriette Lamprecht
Henriette Lamprecht



Goed toegerus, maar sonder die nodige personeel.

Dít was gister die kommer wat teenoor president Hage Geingob uitgespreek is tydens sy besoek aan 'n veldhospitaal wat by die Internasionale Lughawe Hosea Kutako opgerig is om vermoedelike gevalle van Covid-19 onmiddellik te isoleer, monitor en behandel.

Die veldhospitaal is verlede maand deur die ministerie van verdediging hier opgerig en beskik tans oor 20 kamers en 'n saal met 18 beddens, 'n intensiewesorgeenheid met twee beddens, asook 'n ongevalleafdeling met vier beddens.

Die veldhospitaal het ook 'n isolasie-eenheid.

Dit word deur die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste (MoHSS), die sentrums vir siektebeheer- en voorkoming (CDC), die ministerie van verdediging en riglyne van die Wêreldgesondheidsorganisasie (WHO) ondersteun.

Die president se besoek was om hom te vergewis van Namibië se gereedheid vir 'n moontlike uitbreking van Covid-19 in die land.

Die ministerie se uitvoerende ­direkteur, mnr. Ben Nangombe, het tydens 'n gesprek met Geingob bevestig 'n nuuskonferensie is vir vandag belê, waartydens die publiek ingelig sal word oor die uitslae van twee mense wat vir die siekte getoets is, asook alle planne en maatreëls om enige uitbreking te hanteer, wat die bemanning van die veldhospitaal sal insluit.

Skandeerders om hoë koors en liggaamstemperatuur te monitor, is by sleutelgrensposte soos Hosea Kutako, Walvisbaai se lughawe en die Oshikango-grenspos geïnstalleer.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!