Covid-brokkies
Implementeer e-gesondheid, sê Green Enterprise Solutions
Covid-19 plaas 'n swaar las op gesondheidswerkers, hospitale en die gesondheidsektor as geheel.
Volgens Green Enterprise Solutions is 'n oplossing hiervoor om tegnologie doeltreffend in die gesondheidsektor aan te wend.
Hier volg die onderneming se aanbevelings:
• Skep aanlyn platforms waar verbruikers met hul dokters in verbinding kan tree in video- of telefoongesprekke. Só kan sosiale afstand en self-isolasie toegepas word en onnodige besoeke aan dokters en hospitale beperk word.
• Stel platforms beskikbaar wat gesondheidsdienste in staat stel om aanlyn met pasiënte te kommunikeer.
• Algemene praktisyns en hul pasiënte kan toegang tot videokonferensie-apps deur hul rekenaars, tablette of slimfone kry. Sodoende word aansienlik minder druk op die gesondheidsektor se hulpbronne geplaas.
• 'n Platform vir veilige elektroniese rekords kan geskep word om diagnoses en behandeling te volg. Dokters, spesialiste en hospitale kan mediese inligting binne sekondes landswyd diskreet uitruil. So kan belangrike en betroubare inligting veilig aan pasiënte oorgedra word en fopnuus uitgeskakel word.
• Skep aanlyn praktyke en gesondheidsentrums landswyd om pasiënte te ondersoek.
Skei kaf van koring
Terwyl die wêreld sukkel om Covid-19 onder beheer te bring, benodig al meer mense inligting.
Die Wêreldgesondheidsorganisasie (WHO) maan die pandemie gaan gepaard met 'n “infodemie” – 'n oorvloed inligting wat nie altyd akkuraat of waar is nie. Dit maak dit moeilik vir mense om gesaghebbende en betroubare bronne te vind wanneer hulle dit nodig het.
Africa Check sê op sy webblad africacheck.org hy was die afgelope weke besig om WhatsApp-boodskappe, Facebook-plasings, tweets en nuusberigte oor die nuwe coronavirus te fynkam om die kaf van die koring te skei.
“Ons sal voortgaan om dit te doen solank daar 'n behoefte is aan akkurate inligting in hierdie moeilike tyd,” sê dié feitespeurder.
Africa Check ondersoek die volgende:
• Samesweringsteorieë en voorspellings
• Geneesmiddels en voorkoming
• Onwaarhede in die gedaante van waarhede
• Die vreemde en die bisarre
• Goed wat eintlik waar is (maar jy dag dit is onwaar)
• Video's en foto's wat gemanipuleer is of buite konteks aangebied word
Mense kan ook Google gebruik om “feite” as fiksie te ontmasker. Tik “coronavirus” in Google se Fact Check Explorer-instrument vir verskeie wêreldwye feitekontroleerders oor Covid-19.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie