Covid-dooies stapel op
Die staatslykhuis in Windhoek bars glo uit sy nate.
Henriette Lamprecht – Covid-lyke moet noodgedwonge in die staat se lykhuis in Windhoek in die gange lê omdat daar nie meer plek in koelkamers is nie. Volgens 'n bron wat verkies het om anoniem te bly en ook foto's van die situasie aangestuur het, “is die regering te pateties om iets aan die situasie te doen”.
“Die mense wat in kantore daar buite sit, het geen idee wat hier aangaan nie,” het die bron gesê. Volgens die persoon is dit meestal die oorskot van mense wat aan Covid gesterf het en wat “in plastiek toegedraai is”.
“Iets moet gedoen word; dit is die ergste wat ek dit in ses jaar gesien het”.
Volgens die bron is een van die redes dat families stadig is om geliefdes uit te ken.
'n Lykbesorger het by navraag verduidelik Covid-oorskot word in plastiek toegedraai en deur 'n Covid-span van die lykhuis in 'n kis geplaas wat deur die familie beskikbaar gestel is.
“Hulle (die span) sit self die lyk in die kis. Die oorskot word nie soos gewoonlik versorg en gewas nie en net so in die plastiek gesit. Die familie is dikwels baie ontevrede hieroor en dis groot moeilikheid om iemand in so 'n toestand te begrawe,” het hy gesê.
Volgens hom word die kis met die oorskot in vanaf die lykhuis vervoer en word die lykswa voor en agter vergesel van 'n Covid-span.
Tydens die begrafnis is dit ook dié span wat volgens hom eers die graf, nadat die kis gesak het, toegooi voordat die familie by die graf toegelaat word.
“As hulle net die oorskot vir lykbesorgers gee, kan ons dit gaan begrawe.”
Die minister van gesondheid en maatskaplike dienste, dr. Kalumbi Shangula, het reeds 'n week gelede gemaan lykshuise oraloor in die land is oorlaai, met die toenemende aantal Covid-sterftes wat nog groter druk daarop plaas.
Volgens Shangula was van die oorskot reeds vir vyf jaar in van die lykshuise.
Met die Covid-sterftesyfer wat nou 'n duisend verbygesteek het, het die minister 'n beroep op die publiek gedoen wat families aan Covid afgestaan het, om hul geliefdes so gou as moontlik en binne die bepaalde tyd te begrawe.
REGULASIES
Volgens regulasies mag alle kulturele en godsdienstige gebruik uitgevoer word, solank bestaande Covid-regulasies nagekom word. Nabye familielede word drie meter van die graf toegelaat, terwyl ander roubeklaers nie nader as tien meter mag staan nie. Onderling moet afstand van minstens twee meter gehandhaaf word. Roubeklaers mag sand of blomme op die graf strooi, maar mag nie stilstaan nie en moet minstens 1,5 meter van mekaar wees. Familielede naby die graf moet volledige beskermende Covid-19-pakke dra en moet self daarvoor betaal.
– [email protected]
FOTO’s
Weens 'n gebrek aan koelkamers, lê die oorskot “buite en in gange”. FOTO’s VERSKAF
Families wag by die staatslykhuis om die oorskot uit te ken van geliefdes wat aan Covid gesterf het. FOTO VERSKAF

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie