Covid eis sakereus Nico Tromp
Ronelle Rademeyer - Een van Namibië se groot sakeleiers en ‘n steunpilaar in die samelewing, mnr. Nico Tromp, het in die vroeë oggendure Sondag die stryd teen Covid-19 verloor.
Tromp, die voormalige besturende direkteur en voorsitter van die Nictus-groep van maatskappy en bekende kultuurman, was 72 jaar oud.
Hy het steeds as nie-uitvoerende direkteur op die direksies van die Nictus-groep in Suid-Afrika sowel as in Namibië gedien. Verder was hy ‘n stigterslid aan die kultuurorganisasie, Netwerk Namibië, en was ook hoofbeskermheer van die Voortrekkers.
Huldeblyke het van vroeg Sondagoggend in die sosiale media ingestroom.
Mnr. Danie Lagner, hoofleier van die Voortrekkers in Suid-Afrika, het op Facebook gesê “woorde ontbreek om my hartseer te verwoord”.
Benewens vir sy reusebydrae as sakeleiers, is Tromp ook as “kerkman, gesinsman, volksman en familiemens” gehuldig.
Lagner sê hulle diep vriendskap was een wat oor ouderdom en landsgrense heen gestrek het. “[Hy was] een van die nederigste mense wat ek ken, met ‘n praktiese lewenswysheid (wat) in die Bybel geanker (was). Toe ek in 2017 as hoofleier ingehuldig is, het ek oom Nico spesiaal gevra om dit te doen.
“Ons het mekaar leer ken om ‘n kampvuur in die droë bedding van die Kuisebrivier, op die rand van die Namib onder Namibië se helder en asemrowende sterrehemel. Daarna het baie kampvure en kuiers gevolg. Die laaste was in Desember toe ons gesin saam met oom Nico om ‘n kampvuur in die Kuiseb en daarna weer op Swakopmund gekuier het,” skryf Lagner.
In ‘n WhatsApp-boodskap as huldeblyk aan Tromp, is uit die digter Jan FE Cilliers se gedig oor Generaal De Wet aangehaal om te kenne te gee hoeveel agting mense vir hom gehad het: “Stil, broers,/daar gaan ‘n man verby,/hy groet,/en dis verlaas./Daar’s nog maar één soos hy,/bekyk hom goed”.
Mnr. Phillipus Tromp, uitvoerende voorsitter van die Nictus-groep en die tweede oudste van wyle Tromp se vier kinders, sê sy pa is die afgelope week tuis vir Covid-19 behandel. Hy was op suurstof.
“Hy is sag tuis dood. Ons het baie vrede as familie. Hy het ‘n goeie lewe gehad,” het hy aan Republikein gesê.
Benewens Phillipus (45), laat hy ook sy vrou, Denése (71), hulle ander drie kinders, René (Haccau, 47), Esté (de Villiers, 44) en Gerard (39), hulle eggenote en dertien kleinkinders agter.
Begrafnisreëlings sal later bekend gemaak word.
Foto: Nictus

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie