Covid-engele is fakkeldraers van hoop
Ronelle Rademeyer – In hierdie anderlike winter van vrees en verlies het ons hoop nou so nodig soos suurstof.
Ons wil hoor van genadewonders; van engele wat die vrees met lig, liefde en vertroosting verdryf.
Ons wil weet ons is omring deur ’n leërskare fakkeldraers wat hulle wat geliefdes verloor het of self nog die moeisame Covid-stryd stry, deur die dal van doodskaduwee begelei.
Stemnotas, teksboodskappe en e-posse oor mense wat siekes versorg, tydelike veldhospitale prakseer, suurstofmasjiene aankoop, sop kook, in parkeerterreine voor hospitale vir pasiënte en hul versorgers bid en iet te ete en drinke na moeë gesondheidswerkers aanry, haal die kilte uit ons dae. Dit is soos om ’n kaggelvuur aan te steek vir iemand wat verkleim by jou aankom.
Ons beleef hoe dominees hulle pastorieë in siekeboë omskep en terwyl hulle self beswaarlik deur die Covid-drif is, mense verpleeg vir wie daar nie plek in hospitale is nie.
Ons sien hoe sakegemeenskappe en boereverenigings op dorpe saamspan om in ‘n japtrap tydelike infrastruktuur vir noodverligting te skep – iets wat die regering in langer as ‘n jaar nie kon regkry nie.
Ons weet daar is die afgelope weke in honderde huishoudings sop gekook en kos gemaak vir gesinne waar ma's én pa's siek is, of om seker te maak oorwerkte verpleegpersoneel kry ‘n voedsame ete.
In hierdie donker winter van 2021 bid ons saam, treur ons saam, en soms – so tussen die trane deur – lag ons saam.
In hierdie onmenslike tyd word ons weer méns. Ons is kerk ver anderkant Sondae se eredienste; ons dien ons naaste. Ons dra mekaar se laste, want ons weet ‘n gedeelde las is ‘n ligte las.
Miskien, as hierdie stormnag verby is en 'n nuwe dag breek helder en vol son, is ons beter mense; is ons ’n beter nasie. Miskien is hierdie ’n louteringsreis waarop ons, as onwillige pelgrims, móét gaan:
ons slag teen laat middag
van die veertiende dag van die maand
- soos U beveel het -
‘n jaaroud rammetjie
sonder liggaamsgebrek
smeer sy bloed aan die sykante en die bokant
van die deurkosyn van ons huis
waar ons die gebraaide paaslam gaan eet
ons eet haastig, aangetrek vir die reis,
skoene aan die voete,
kierie in die hand
ons mag nie by die deur uitgaan
voor die volgende môre nie
daardie selfde nag
sal die bloed aan ons huis
‘n teken wees
waar U die bloed sien,
sal U die huis oorslaan
U sal nie die dood
in ons huis laat kom nie,
ons nie tref
met ‘n vernietigende slag nie
kort daarna sal ons wegtrek
dan sal ons reis
na die beloofde land
in alle erns begin
*Gedig met dank aan Willem de Swyger, ‘n mede-Covid-reisiger.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie