Covid hou besoekers weg uit Windhoek-tronk
Covid hou besoekers weg uit Windhoek-tronk

Covid hou besoekers weg uit Windhoek-tronk

Ronelle Rademeyer
Die Namibiese gevangenisdiens het kontakbesoeke deur familie en vriende aan gevangenes in die Windhoek sentrale gevangenis tydelike opgeskort ná ’n toename in Covid-19-gevalle gerapporteer is.
Die hoof van dié diens, komm.genl. Raphael Tuhafeni Hamunyela, sê in ’n verklaring ’n aantal beamptes en gevangenes het positief getoets.
Hy sê dit is die gevangenisdiens se plig om gevangenes teen die verdere verspreiding van Covid-19 te beskerm, en daarom is die drastiese stap gedoen om kontakbesoeke tot verdere kennisgewing op te skort.
Vrydag het nege korrektiewe beamptes en nege gevangenes by die Windhoek sentrale gevangenis positief getoets vir dié virussiekte. Dit bring die totale getal aktiewe gevalle onder korrektiewe beamptes op 35 te staan terwyl daar 11 aktiewe gevalle onder gevangenes is, sê Hamunyela.
Sedert die begin van die pandemie is altesaam 1 904 beamptes vir Covid-19 getoets, waarvan 645 positief was en 603 herstel het. Tien sterftes het onder beamptes voorgekom, blyk dit uit sy verklaring.
Intussen het 379 beamptes die eerste dosis van die Covid-19-inenting ontvang terwyl 234 ten volle ingeënt is; 88 het die enkeldosis Johnson & Johnson-entstof ontvang.
Hamunyela het bygevoeg 3 989 gevangenes is getoets van wie 1 111 positief was en 1 096 herstel het. Altesaam 1 917 gevangenes het die eerste dosis entstof ontvang en 1 480 het die tweede dosis. Altesaam 472 het die Johnson & Johnson-entstof verkies waarvan net een dosis toegedien word.
Sover het vier gevangenes tydens die vorige vlae aan Covid-19-verwante komplikasies gesterf.

Foto ter illustrasie.

Kommentaar

Republikein 2024-11-27

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 21° | 36° Rundu: 24° | 34° Eenhana: 21° | 36° Oshakati: 22° | 36° Ruacana: 19° | 36° Tsumeb: 24° | 37° Otjiwarongo: 19° | 35° Omaruru: 18° | 36° Windhoek: 18° | 32° Gobabis: 17° | 32° Henties Bay: 14° | 20° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 16° | 31° Mariental: 16° | 31° Keetmanshoop: 14° | 30° Aranos: 16° | 31° Lüderitz: 13° | 29° Ariamsvlei: 14° | 30° Oranjemund: 12° | 26° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 17° | 32° Lubumbashi: 17° | 25° Mbabane: 12° | 19° Maseru: 9° | 20° Antananarivo: 18° | 30° Lilongwe: 22° | 34° Maputo: 20° | 25° Windhoek: 18° | 32° Cape Town: 16° | 23° Durban: 15° | 24° Johannesburg: 14° | 25° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 19° | 21° Harare: 18° | 26° #REF! #REF!