Covid hou Boulter uit die tronk
Covid hou Boulter uit die tronk

Covid hou Boulter uit die tronk

Ronelle Rademeyer
Ronelle Rademeyer – Die Britse miljardêr en eienaar van die plaas Kaross by Kamanjab, mnr. Harvey Boulter (51), bevind hom sedert sy mislukte borgtogaansoek verlede week op Outjo, in die Safari Hotel in Windhoek.

Dit is een van die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste se goedgekeurde plekke vir Covid-19-kwarantyn en -isolering.

Komm. Ismael Basson, bevelvoerder van die polisie in die Khomasstreek, het gister aan Republikein bevestig Boulter is op 12 Mei vanaf die hospitaal op Outjo na die Safari Hotel in Windhoek vir Covid-19-isolering oorgeplaas.

Sy aansoek om borgtog is op 11 Mei deur landdros Immanuel Udjombala in die landdroshof of Outjo van die hand gewys.

Udjombala het gelas dat hy in die selle by die polisiekantoor op Kamanjab aangehou word tot sy volgende hofverskyning op 30 Junie.

Boulter is op 27 Februarie vanjaar in hegtenis geneem op ’n klag van moord nadat sy plaasbestuurder, mnr. Gerhard van Wyk, dood is aan ’n skietwond in die maag.

Van Wyk is na bewering getref toe ’n skoot afgevuur is tydens ’n stoeigeveg tussen sy seun, Gerhard junior, en Boulter. Van Wyk het glo tussenbeide getree om hulle uitmekaar te maak. Boulter en die Van Wyks het om die braaivleisvuur gekuier toe die rusie ontstaan het.

Boulter is tydens die skietvoorval aan die hand gewond en is ná sy inhegtenisneming aanvanklik in die Mediclinic private hospitaal in Windhoek behandel, van waar hy later na die versorgingseenheid by die Auas Hills-aftreeoord in die hoofstad oorgeplaas is.

Sy regsverteenwoordiger, mnr. Evert Gous, wou nie gister vrae beantwoord oor waar sy kliënt hom bevind nie.

Boulter is die voorsitter en uitvoerende hoof van die Porton Group op die Kaaimanseilande wat in die kommersialisering van militêre tegnologie spesialiseer.
[email protected]

Artikel gewysig op 23 November 2021

FOTO
Mnr. Harvey Boulter tydens sy borgtogaansoek vroeër vandeesmaand op Outjo. Foto Ester Kamati

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!