Covid-kontrak vir ‘tenderkoning’
Een van Namibië se voorste tenderpreneurs het nog ‘n tender opgeraap – dié keer vir Covid-toetse by die lughawe.
Ronelle Rademeyer - Die Namibiese Lughawensmaatskappy (NAC) het ’n tender aan die invloedryke sakeman mnr. Vaino Nghipondoka en sy sakevennote toegeken om PCR-toetse vir Covid-19 by die Hosea Kutako Internasionale Lughawe (HKIA) te doen.
Profile Technology en Trinity Health het op 17 Desember die lisensie gekry om die toetse te mag doen en het Maandag daarmee begin, sê die NAC se woordvoerdwr, mnr. Dan Kamati.
Die tender is vir vyf jaar geldig.
Nghipondoka, wat in die media die “tenderkoning” van Namibië gedoop is, besit Profile Investment Holdings. Dit het belange in konstruksie (Babyface Civils), agribesigheid (Grow-max Agri Fertilisers en Omhalanga Mills), inligtings- en kommunikasietegnologie (MTN Business Namibia en Profile Technologies) en toerisme (PCH Safaris and Tours).
Hy was na bewering ook een van die Swapo-begunstigdes na wie smeergeld vir viskwotas in die Fishrot-bedrogskandaal gevloei het.
Ngipondoka het vroeër by navraag ontken dat hy een van die elite is wat gebaat het by hierdie smeergeld. Hy het aan Republikein gesê die geld is aan hom oorbetaal as delging van ’n lening wat hy aan sy vriend, mnr. James Hatuikulipi (een van die beskuldigdes in die Fishrot-saak), gemaak het.
Volgens Kamati is die tender vir dié diens by die lughawe vroeër vanjaar uitgereik as maatreël om te verhoed dat die virus “ingevoer” word.
“Die Covid 19-pandemie, wat nou die 3de jaar betree, bly wêreldwyd ’n openbare gesondheidskrisis wat aangevuur word deur die vele nuwe mutasies wat opduik,” sê Kamati en wys daarop “Covid reis en steek grense saam met mense oor”.
“Gevolglik het ons beleef hoe verskeie lande van tyd tot tyd ’n volledige verbod op internasionale reise plaas, geregverdig of nie, om die verspreiding van die virus te beperk,” sê hy.
Alle besoekers aan Namibië moet by die lughawens en grensposte in besit wees van ’n negatiewe Covid 19-toets (volgens die PCR-metode gedoen) wat nie ouer is as 72 uur nie.
Net so moet vertrekkende passasiers by lughawens ’n negatiewe PCR-toets kan toon voordat hulle deur die betrokke redery toegelaat word om aan boord te gaan.
Kamati sê die nuwe neiging wêreldwyd is om inkomende en vetrekkende reisigers by alle toegangspunte na ’n land, insluitend internasionale lughawens, te toets. Hy sê toetse word selfs vir inkomende besoekers verpligtend gemaak.
Dit is nog nie in Namibië die geval nie, hoewel dr. Kalumbi Shangula, minister van gesondheid en maatskaplike dienste, verlede Woensdag aangekondig het besoekers sal op ewekansige wyse (“randomly” op Engels) uitgesoek en getoets word wanneer hulle land, al beskik hulle oor ’n negatiewe PCR-toets wat nie ouer is as 72 uur nie.
Kamati sê Profile Technology en Trinity Health se toetssentrum en laboratorium (HKIA MedLab) sal 3 000 PCR-toetse per dag kan doen en die uitslag binne 2 ure nadat ’n passasier getoets is, beskikbaar stel. [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie