Covid-positiewe leerlinge kán eksamen skryf
Antwoordstelle van Covid-19-positiewe leerlinge moet vir drie dae in spesiale koeverte gehou word voordat dit oopgemaak kan word.
Henriette Lamprecht
Leerlinge wat positief vir Covid-19 getoets het, kan steeds die nasionale eksamens skryf op voorwaarde dat gesondheidsregulasies en die veiligheid van vraestelle nie in gedrang kom nie.
Covid-19-positiewe leerlinge wat gesond genoeg is, kan in isolasie of in die hospitaal skryf as hulle ’n mediese sertifikaat verskaf het aan die sentrum waar hulle geregistreer is. Dié eksamen geskied onder die wakende toesig van opgeleide gesondheidsbeamptes.
’n Gepaste kamer moet by die betrokke geriewe geïdentifiseer en vir die eksamen voorberei word. Betrokke gesondheidsbeamptes moet beskermende klere insluitend handskoene dra, terwyl kandidate met handskoene en ’n masker en/of deurskynende gesigskerm die eksamen moet aflê.
Antwoordstelle moet in ’n vooraf bereide bruin koevert geplaas en verseël word, in nog ’n vooraf bereide koevert geplaas en verseël en laastens in ’n vooraf bereide plastiekkoevert geplaas word.
Volgens spesiale Covid-19-verwante regulasies van die ministerie van onderwys, kuns en kultuur moet al dié antwoordstelle eers ná drie dae oopgemaak en gemerk word. Betrokke leerlinge moet by hul eksamensentrum as aanwesig gemerk word.
Volgens die regulasies moet leerlinge wat in kontak met simptomatiese leerlinge was, tuis bly totdat die streeksdirektorate in konsultasie met die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste reëlings getref het vir hulle om die eksamen af te lê.
EKSAMENLOKALE
Met betrekking tot die “normale” aflegging van eksamens moet sosiale afstand van minstens 1,24 meter tussen lessenare gehandhaaf word.
Leerlinge mag nie die eksamenlokaal sonder ’n masker of ’n deurskynende gesigskerm met ’n masker inkom nie en mag dit nie afhaal voordat hulle die eksamenlokaal verlaat nie. Opsieners moet ook maskers en gesigskerms sowel as handskoene dra en mag leerlinge vra om dit voor die eksamen te verwyder om te sien of dit enige notas bevat. Handreiniger moet by alle lokale beskikbaar wees.
Met verwysing na vanjaar se graad 11- en 12-eksamens wat Maandag begin het, het die uitvoerende direkteur in die ministerie van onderwys, kuns en kultuur, me. Sanet Steenkamp gesê ’n totaal van 113 540 graad 11- en 12-kandidate het geregistreer.
Dié getal sluit voltydse sowel deeltydse kandidate in. Sy sê alle voltydse kandidate is geregistreer, maar volgens haar is daar nie ’n manier om vas te stel hoeveel deeltydse kandidate het beoog om vir vanjaar se eksamen te registreer nie.
Met verwysing na spesiale maatreëls om leerlinge teen Covid-19 te beskerm, het Steenkamp gesê protokol word gevolg om te verseker leerlinge skryf hul eksamens onder beheerde omstandighede en volgens die reëls en regulasies van nasionale eksamens. Fokuspersone is ook in al die ministerie se streeksdirektorate geïdentifiseer om in dié verband saam met die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste te werk.
“Spesifieke riglyne is in dié verband aan skole gestuur. Sou ’n leerling siek word, sal die ministerie die bestaande riglyne volg wat toegepas word vir alle kandidate wat met welke siekte ook al nie kan skryf nie,” het sy gesê.
Die uitslae van vanjaar se graad 12-eksamens word vroeg in Februarie 2021 bekend gemaak. Volgens Steenkamp sal die datum gegrond wees op spesifieke faktore soos die vooruitgang wat met die merk van vraestelle gemaak word, sowel as oorweging van eksamenverwante kwessies.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie