Covid red dalk twee van Trump-teregstellings
Vandag was bestem om die laaste dag in die lewe van Dustin Higgs te wees.
In die laaste week voordat Joe Biden as president ingesweer word, het Donald Trump se administrasie ’n koorsagtigheid beleef om vir oulaas ’n golf van federale teregstellings uit te voer.
Die terdoodveroordeelde Higgs sou die laaste van hulle wees, maar sy regspan het sy afspraak vandag met die dodelike inspuiting uitgestel gekry omdat hy verlede maand Covid-19 gehad het. Sy span het aangevoer die siekte se effek van longskade kan die dodelike inspuiting op marteling laat neerkom.
’n Federale moratorium op die doodstraf het vir 17 jaar geheers, voordat Trump dit in Julie verlede jaar laat hervat het.
Die federale teregstellings van die 48-jarige Higgs vandag, Cory Johnson (52) gister en Lisa Montgomery (52) eergister sou Trump se rekord opstoot tot 12 – die meeste vir ’n Amerikaanse president in ’n kalenderjaar in meer as 100 jaar, en almal in die laaste vyf maande.
Nommer tien Montgomery was egter waarskynlik die laaste, met Johnson en Higgs wie se regspanne eergister voor ’n Washington-regter suksesvol was om aan te voer dat hul longskade van Covid-19 op marteling sou neerkom, wat ongrondwetlik is.
Tensy die departement van justisie dalk suksesvol hierteen appelleer ...?
Higgs is in 2000 skuldig bevind aan die ontvoering en moord op drie vroue, maar dit word sonder teenspraak aanvaar dat hy nie die sneller getrek het nie.
Op ’n aand in Januarie 1996 het Higgs en twee vriende sowat ’n uur gery om drie vroue na sy woonstel te bring. Aanklaers het gesê ná ’n gekuier het hy die groep na ’n afgeleë deel van ’n nasionale park geneem, waar hy sy medebeskuldigde Willis Haynes ’n vuurwapen gegee het waarmee Haynes die drie vroue doodgeskiet het.
Haynes, wat afsonderlik verhoor is, het die doodstraf vrygespring en lewenslange tronkstraf gekry. Higgs se regsverteenwoordigers voer aan daar is in beginsel geen grondslag om hom die doodstraf te gee terwyl die skieter ’n lewenslange vonnis uitdien nie.
Een van sy regsmanne sê: “Die seleksieproses van die teregstellings sedert Julie vertoon lukraak en dit is nie hoe ons stelsel van doodstraf behoort te werk nie.”
Eergister se teregstelling van Lisa Montgomery was veral omstrede. ’n Regter het vroeër gelas die teregstelling moes uitgestel word om haar geestelike geskiktheid te bepaal, maar Trump se departement van justisie het appèl aangeteken en die beslissing laat omkeer.
Montgomery is tereggestel vir die grusame moord in 2004 op die swanger 23-jarige Bobbie Jo Stinnett, vir wie sy met ’n tou verwurg het. Hierna het sy die babadogtertjie uitgesny en probeer om dit as haar eie voor te hou.
Haar prokureurs het uitgewys dat Montgomery as kind ’n slagoffer was van “seksuele marteling” deur haar stiefpa, asook groepverkragtings wat deur haar ma gereël was. Hierdie emosionele littekens het volgens hulle haar sielkundige probleme (’n familiekwaal) grootliks vererger.
Montgomery se prokureur, Kelley Henry, het ná die teregstelling Woensdag gesê: “Die lafhartige bloedlustigheid van ’n mislukte regering was vanaand hier op vertoon. Alle betrokkenes behoort skaam te voel. Die regering het niks in sy pad laat staan om hierdie beskadigde, delusie-lyende vrou om die lewe te bring nie. Lisa Montgomery se teregstelling was ver van geregtigheid af.”
Die uitstel van Johnson (moordenaar van sewe mense saam met sy dwelmbende) en Higgs se teregstellings tot minstens Maart laat hulle oor aan die genade van Joe Biden, wat as ’n teenstander van die doodstraf bekend is.
Kampvegters teen die doodstraf hoop om ná die onlangse gebeure federale wetgewing daar te stel wat onder Biden permanent bekragtig kan word. Indien dit gebeur, sal dit nogal ironies saam met die hutsmerk #ETTD (EverythingTrumpTouchesDies) wees dat hy selfs die doodstraf die doodskoot gegee het.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie