Covid-regulasie briek toerisme
'n Passasierskip wat by Lüderitz en Walvisbaai sou aandoen en broodnodige inkomste na die dorpe sou bring, moes 'n ander eindbestemming vind.
Henriette Lamprecht – Namibië se Covid-regulasie dat 'n negatiewe PCR-toetsuitslag nie ouer as 72 uur vereis word om toegang tot die land te verseker, het meegebring dat 'n passasierskip wat by Lüderitz en Walvisbaai sou aandoen, noodgedwonge 'n ander eindbestemming moes vind.
Weens dié regulasie is die bestemming van die baie gewilde Oppiwater Kunstefees se boot op die nippertjie na Gqeberha verander. Die bootreis skop vandeesweek af en sou broodnodige en welkome inkomste van duisende Namibiese dollars na die twee hawedorpe en gewilde toeristebestemmings bring.
Mnr. Lebo Mavuso, woordvoerder van MSC Cruises, wat die bootreis aanbied, sê die fees duur byna 'n week lank en feesgangers se toetsuitslae sou reeds verstryk het teen die tyd dat hulle in Namibië sou aankom.
“Hulle sou eers moes toets vir die 18de (Januarie, dag een van die fees). Hulle sou 'n volgende toets moes laat doen om die 20ste in Namibië voet aan wal te sit. En nóg 'n toets die 22ste om die 24ste terug in Suid-Afrika te wees.
“Dit sou daarop neerkom dat die passasiers drie keer binne vyf dae getoets moes word. Dit sou te veeleisend wees.
“Daarom het ons besluit om eerder die bestemming te verander en dit 'n plesierige reis te maak. Ons het al hierdie inligting aan die gaste gekommunikeer,” het hy aan Netwerk24 gesê.
Die feesprogram sluit in teaterproduksies soos Klipgebede met Elma Potgieter en Haal asem met Ira Blanckenberg. Dana Snyman en Mathys Roets tree op in hul gewilde produksie Lag van die huil.
Frans Swart, besturende direkteur van Lefra Produksies, wat die fees in samewerking met RSG aanbied, sê die fees gaan oor die bootreis en die kunste en is die grootste kunsaanbod tot nóg toe.
“Ek is trots daarop dat ongeveer 90% van die oorspronklike kunstenaars en produksies van verlede jaar steeds deel van hierdie fees is,” sê Swart.
PRYS VAN TOETSE
Intussen sê die Namibiese Kompetisiekommissie (NCC) die formele ondersoek na die pryse van Covid-toetse begin vandeesweek.
Mnr. Paulus Hangula (senior ekonoom: afdwinging, vrystellings en kartelle) sê 'n informele ondersoek is einde verlede jaar ingestel na die bydraende faktore wat tans die pryse beïnvloed. Dit sluit die koste in om die toetse na Namibië in te voer.
“Ons het met verskeie rolspelers en verskaffers gepraat om die mark te verstaan,” het Hangula by navraag gesê.
Volgens hom was die tydsberekening van die ondersoek egter nie ideaal nie, omdat van die sleutelrolspelers toe reeds met verlof vir die feesseisoen was.
Die ondersoek sal vandeesweek voortgesit word.
– [email protected]
FOTO’s
Klipgebede met Elma Potgieter. FOTO NETWERK24
Haal asem met Ira Blanckenberg. FOTO NETWERK24
Mathys Roets (foto) en Dana Snyman tree op in hul gewilde produksie Lag van die huil. FOTO NETWERK24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie