Covid-reu00ebls hou Nyambe afwesig
Covid-reu00ebls hou Nyambe afwesig

Covid-reëls hou Nyambe afwesig

Politieke besluite in ander lande beïnvloed die landskap vir afrigter Bobby Samaria en sy span.
Ryan Nyambe, verdediger van Black Burn Rovers in Engeland, het bevestig dat hy nie vir die Brave Warriors se belangrike botsing teen Guinee beskikbaar sal wees nie.

Die Warriors is besig met voorbereiding om op 28 Maart in Windhoek teen Guinee in waarskynlik hul laaste kwalifiserende groep A-wedstryd vir die 2021 Afrika-Nasiesbeker op die veld te stap.

Nyambe sou een van 14 van Namibië se buitelandse sterre gewees het wat deur hoofafrigter Bobby Samaria opgeroep is.

“Ek sal nie vandeesmaand na Namibië vir die botsing kan reis nie. My klub wou my vanweë streng Covid-maatreëls in Albion nie vrystel nie. Namibië is een van die lande op die gevaarlys en ek sal vir te lank in isolasie moet bly as ek terugkeer van Namibië af.

“Namibië het die spelers om die taak suksesvol te verrig. Nou kan ek ongelukkig niks bydra nie, maar die ouens in die groep is goed genoeg om die wa deur die drif te trek!” het Nyambe gesê.



TSJAD IN WARBOEL

Mali, met 13 punte, is loshande voor en het reeds sy posisie by die kontinentale skou­spel verseker. Guinee is met agt tweede en Namibië derde met ses.

Tjad, wat heel laaste is, sal waarskynlik deur die Konfederasie van Afrika-sokker (CAF) geskors word nadat die land se regering die afgelope dae sy sokkerfederasie ontbind het en hul nasionale span sal dus waarskynlik nie meer deelneem nie. Namibië sal vir dus Guinee moet oorweldig om die tweede posisie met nege punte in te neem.

Indien die CAF amptelik bevestig dat hy Tjad 'n skorsing oplê, sal die Warriors nie meer op 24 Maart in N'Djamena teen hulle speel nie.

Samaria sê die span sal moet aanbeweeg sonder Nyambe.

“Ons het die brief van Nyambe se klub gekry. Dit sou ideal gewees het om hom in die span te hê, maar met omstandighede buite ons beheer, sal ons dit moet aanvaar. Ons wag ook om van ons ander buitelandse spelers se klubs te hoor en dan kan ek daarvolgens planne maak,” het die afrigter gesê.

Die oefengroep:

Doelwagters: Loydt Kazapua, Virgil Vries, Edward Maova, Ratanda Mbazuvara, Ndisiro Kamaijanda.

Verdedigers: Teberius Lombard, Ana­nias Gebhardt, Immanuel Heita, Riaan Hanamub, Ivan Kamberipa, Emilio Martin, Amazing Kandjii, Vitapi Ngaruka, Approcius Petrus, Denzil Haoseb, Charles Hambira.

Middelveldspelers: Deon Hotto, Wangu Gome, Dynamo Fredericks, Aubrey Amseb, Wendell Rudath, Absalom Iimbondi, Marcel Papama, Prins Tjiueza, Willy Stephanus, Alfeus Handura, Wesley Katjiteo, Manfred Starke, Steven Damaseb.

Voorspelers: Peter Shalulile, Derl Goagoseb, Elmo Kambindu, Issaskar Gurirab, Joslin Kamatuka, Salomon Omseb.

– www.nfa.org.na

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!