Covid se miljarde by IMF gesoek
Jo-Maré Duddy – Namibië het ‘n leningsaansoek van bykans N$4,5 miljard by die Internasionale Monetêre Fonds (IMF) ingedien om die regering se rekord begrotingstekort van amper N$21,4 miljard in die huidige boekjaar te help finansier.
Die minister van finansies, mnr. Iipumbu Shiimi, het gister bevestig dat die regering verlede week vir SDR192 miljoen as deel van die IMF se Rapid Financing Instrument (RFI) aansoek gedoen het om die impak van die Covid-19-pandemie op die Namibiese ekonomie te help versag.
SDR staan vir spesiale trekkingsregte, ‘n internasionale reserwebate wat deur die IMF geskep is om lidlande se amptelike reserwes aan te vul. Die waarde van die SDR is op ‘n mandjie van vyf geldeenhede gebaseer – die Amerikaanse dollar, euro, Chinese yuan, Japanese jen en die Britse pond.
Die SDR-waarde in Amerikaanse dollar word daagliks volgens die loko-wisselkoers bepaal. Volgens die IMF se webwerf was die SDR gistermiddag gelykstaande aan bykans US$1.41. ‘n Lening van SDR192 miljoen verteenwoordig dus rofweg US$271 miljoen, wat – gemeet aan gister se wisselkoers – in amper N$4,5 miljard omskakel.
Volgens die IMF se webwerf verskaf die RFI vinnige finansiële verligting aan lidlande wat ‘n dringende betalingsbalansnood ondervind sonder dat ‘n volwaardige IMF-program vereis word.
Dié instrument bied ondersteuning in die geval van onder meer kommoditeitsprysskokke, natuurrampe en noodgevalle wat uit weerloosheid ontstaan.
KWOTA
In sy debuutbegroting aan die einde van Mei het Shiimi vir Covid-verwante lenings van N$3,23 miljard voorsiening gemaak.
Namibië se totale skuld vir 2020/21 in die begroting word op bykans N$117,5 miljarm geskat, sowat 17% meer as in 2019/20.
Volgens die IMF se webwerf het Namibië ‘n kwota van ongeveer SDR191 miljoen. Die land het tans geen lenings by die fonds nie.
Shiimi het gistermiddag aan Republikein gesê die regering sal die terme en voorwaardes van die lening oorweeg sodra terugvoering van die IMF ontvang is om te verseker dat dit gunstig is.
“Ons hoop ons kry waarvoor ons gevra het,” het hy gesê.
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie