Covid sluit ministerie van landbou, water en grondhervorming se kantore
Die ministerie van landbou, water en grondhervorming sê drie van sy werknemers was moontlik blootgestel aan geval 33, ’n 35-jarige Suid-Afrikaner wat 'n week gelede na bewering by Noordoewer oor die Oranjerivier gesmokkel is.
Een werknemer elk van onderskeidelik die direktoraat van waterbestuur, die aktekantoor en grondhervorming word hierdeur geraak.
Die ministerie se hoofkantoor by Government Office Park, die aktekantoor en die grondhervormingsgebou word vandag ontsmet. Alle personeellede werk vandag van die huis af. Essensiële werkers kan eers van 14:00 terugkeer.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie