Covid trek taxiu2019s se handrem op
Covid trek taxiu2019s se handrem op

Covid trek taxi’s se handrem op

Volgens die sekretaris-generaal van ’n taxivakbond sal die opskorting van die Covid-inperking in almal se beste belang wees.
Augetto Graig
Augetto Graig – Operateurs van minibustaxi’s wat hoofsaaklik die hoofstad se informele nedersettings bedien, het gister in Windhoek geweier om verder dienste te lewer.

Volgens mnr. Pendapala Nakathingo, die sekretaris-generaal van die Namibiese Bus- en Taxivereniging (Nabta), is ’n vergadering met die bevelvoerder van die Khomasstreek, komm. Ismael Basson, belê, maar niks kon uitgerig word nie aangesien die polisie slegs die wet handhaaf.

Die betrokke regulasies beperk passasiers van minibustaxi’s tot die helfde van hul kapasiteit om sosiale afstand te handhaaf.

Die operateurs sê egter hulle kan nie op dié manier genoegsame inkomste genereer nie, en kla ook oor die onregverdigheid met die toepassing van dié maatreël op munisipale busse, sê Nakathingo.

Een operateur is reeds N$8 000 beboet, omdat die bestuurder een passasiers te veel opgelaai het.

“Ek het die boetekaartjie hier by my!” het Nakathingo gister gesê. “Nabta het vasgestel hoe sosiale afstand binne openbare vervoer gehandhaaf kan word en ons voorstelle by die regering ingedien, maar dit is nie in ag geneem nie,” sê hy.

Langafstandoperateurs word ook deur die nuwe regulasies benadeel, sê hy.

Die situasie is nie so erg vir sedanvoertuigtaxi’s nie, omdat hulle nog tot drie passasiers kan vervoer, wat steeds meer as 50% is, sê die Nabta-leier.

Nogtans is regulasies wat Maandag bekend gemaak is, steeds moeilik om na te kom.

Alhoewel Nakathingo sê Nabta ondersteun die regulasie dat bestuurders en passasiers te alle tye maskers moet dra, vra hy hoe taxibestuurders en -operateurs handreiniger, wat altyd in die voertuig beskikbaar moet wees, en gereelde ontsmetting van voertuie, moet bekostig.

“Waar sal hulle die geld kry? Alles is duurder; petrol, bande, onderdele. Hoe sal hulle oorleef?” vra hy.

Nakathingo sê die regering moes die verskaffers van openbare vervoer tegemoetgekom het deur voorsiening vir handreinigers te verseker, en te help met voertuigontsmetting.

Hy sê die opskudding teen die situasie het gister tot chaos gelei, waar ’n groot skare mense bymekaargekom het; nog ’n risiko vir die verspreiding van Covid.

Volgens hom moet polisiebeamptes van al die streke volgende Woensdag vergader om terugvoering te gee oor Nampol se bydrae tot die stryd teen Covid-19.

Die nuwe regulasies en die pad vorentoe sal daar bespreek word, maar Nakathingo sê die enigste hoop is dat die nasionale inperking beëindig word.

“As dit weer verleng word, sal die situasie vererger. Dit sal chaos bring. Die opskorting van die inperking sal in ons almal se beste belang wees,” sê hy. - [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!