CoW melk mag, sê Kahimise
Die tafel is gedek vir hoogdrama wanneer CoW en sy uitvoerende hoof mekaar volgende week in die hof pak.
Denver Kisting – Mnr. Robert Kahimise, die geskorste uitvoerende hoof van die Windhoek-munisipaliteit (CoW), sê dié liggaam misbruik sy mag om hom by te kom.
Hy sê in hofstukke wat verlede week by die hoërhof in Windhoek geliasseer is, CoW is nie net daartoe verbind om hom finansieel lam te lê nie, maar wil ook sy reputasie vernietig.
Kahimise sê CoW het sedert Desember 2014 gesukkel om ’n uitvoerende hoof te vind nadat mnr. Niilo Taapopi afgetree het.
Voordat hy wat Kahimise is in Februarie 2017 in daardie hoedanigheid aangestel is, het twee mense in die pos waargeneem.
Ondanks dié werklikheid blyk CoW met opset ’n leemte in leierskap te weeg te bring, sê hy.
Hy beweer CoW “wil buig of bars op ’n onwettige wyse ’n leierskapvakuum skep. Deur dít te doen, skep dit die openbare indruk dat ek onbevoeg is en nie waardig is vir die pos wat ek beklee nie,” lui die stukke onder meer.
Hy sê dié gedrag gee aanleiding tot “permanente stigma asof ek skuldig is aan diefstal of bedrog wat afsitbare ootredings is”.
Kahimise trek veral te velde teen ’n onlangse CoW-mediavrystelling waarin te kenne gegee word sy skorsing spruit uit growwe skendings van korporatiewe bestuur.
Volgens hom handel die plaaslike owerheid roekeloos met sy emosies, beeld en reputasie.
Hy sê hy het veral hard gewerk aan die laaste twee vir CoW om dit net so te vernietig.
In skrille teenstelling met wat dr. Peya Mushelenga, die minister van stedelike en landelike ontwikkeling, beweer, hou Kahimise vol hy is wel twee keer binne dae in die pad gesteek.
Boonop, voer hy aan, is veral die tweede skorsing nie op grondige redes geskoei nie en CoW het nie sy bestuurskomitee se verlof daarvoor gehad nie.
Republikein het gister breedvoerig berig oor hoe Kahimise die finansiële ontberings wat hy ly, uiteensit.
Dít kom nadat hy sonder vergoeding geskors is en gevolglik nie sy maandelikse verpligtinge van nagenoeg N$82 000 kan nakom nie.
Naas ’n huisverband dok hy onder meer ook op vir paaiemente op talle spogmotors.
Kahimise is van mening dat sy kop op die spel beland het die oomblik toe die bestuurskomitee vir mnr. Abraham Kanime, die hoof van die stadspolisie, in Maart vanjaar van sy pligte onthef het.
Kanime is toe met besoldiging geskors en baklei sedertdien eweneens onverpoos om heraangestel te word.
Drie raadslede van opposisiepartye het intussen onlangs ’n sterk bewoorde brief aan Mushelenga gerig, waarin hulle beweer Kahimise is die slagoffer van ’n stamgebonde heksejag.
In sy hofstukke onthul Kahimise dat Kanime wel intussen aangekla is na aanleiding van ’n verslag deur ’n ouditfirma.
Kanime se dissiplinêre verhoor is nog hangend, gee Kahimise toe.
Volgens die uitvoerende hoof is die redes vir sy skorsing – ’n studielening en verlof om klas te draf vir sy doktorale studie, wat glo nie goedgekeur is nie – slegs oëverblindery om van hom ontslae te raak.
CoW se woordvoerder, mnr. Harold Akwenye, het nie op navrae hieroor gereageer nie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie