CoW, privaatsektor span kragte saam
Volgens die Windhoek-munisipaliteit is die bemagtiging van die jeug nodig vir die verbetering van die ekonomie sowel as die verhoging van Namibiërs se lewenstandaarde.
Yandi du Plessis - Die Windhoek-munisipaliteit (CoW) en Kongalend Financial Services het onlangs vergader om ‘n samewerkingsooreenkoms te onderteken waardeur jong entrepreneurs bemagtig word. Die ooreenkoms poog om toegang tot finansiële hulpbronne vir die gemeenskap te verbeter.
Volgens mnr. Filemon Hambuda, strategiese uitvoerende hoof van ekonomiese ontwikkeling en gemeenskapsdienste by die CoW, is die bemagtiging van die jeug nodig vir die verbetering van die ekonomie sowel as die verhoging van Namibiërs se lewenstandaarde.
“Ons gee nie voor om al die oplossings vir dié uitdagings te hê nie, maar in ons pogings probeer ons wel om van die uitdagings aan te spreek,” het Hambuda gesê.
Die CoW het in 2017 hul transformasieplan bekend gemaak, wat ‘n raamwerk voorsien vir die stad se ontwikkeling oor ‘n vyf jaar periode.
Binne dié raamwerk is belangrike komponente uiteengesit wat teen 2022 geïmplementeer moet word. Een van die komponente is die finansiering van sukkelende mikro-, klein- en mediumgrootte-ondernemings (MSME's) in ontwikkelende lande soos Namibië.
Op 27 September 2017 is die Strategie vir die Ontwikkeling van Jeug-entrepreneurskap as deel van die Harambee-welvaartsplan (HPP) bekend gestel. Dié strategie val onder die “ekonomiese vooruitgang”-pilaar.
Die doel is om ‘n gunstige omgewing te skep vir besighede wat deur die jeug aangedryf word en om jong entrepreneurs toegang te bied tot ondersteuningsdienste om hul besigheidspotensiaal ten volle te benut.
Tot dusver is 167 mense, 65 vroue en 102 mans op die jeugdatabasis geregistreer, en sedert die bekendstelling van die Strategie vir die Ontwikkeling van Jeug-entrepreneurskap het 127 jong entrepreneurs opleiding in verskeie afdelings ontvang.
“Aangesien die munisipaliteit nie finansiële hulp aan entrepreneurs bied nie, was dit belangrik vir ons om ‘n rol te speel in die gesprekvoering oor die nodige fondse. So kan ons entrepreneurs in staat stel om besighede te begin en toegang tot hulpbronne verbeter om dié besighede uit te brei,” het die uitvoerende hoof van die munisipaliteit, mnr. Robert Kahimise, gesê.
Volgens Kahimise is dit ‘n uitdaging om ‘n omgewing vir suksesvolle en volhoubare jeuggedrewe besighede te skep, en om dié rede het hulle die privaatsektor se hulp ingeroep om as vennote op te tree.
Kongalend het die raad genader om samewerking te bevorder en is genooi om ‘n inligtingsessie aan te bied om hul mikrolenings aan MSME's bekend te stel. Die belangstelling was oorweldigend en dus is die vennootskap amptelik gesluit. Die doel is om finansiële opleiding beskikbaar te stel, terwyl daar ook rekord gehou word van finansiële dienste wat aan MSME’s gebied word.
“Die ondertekening van die samewerkingsooreenkoms getuig van beide instansies se toewyding in die bevordering van entrepreneurskap. Kongalend en Windhoek- munisipaliteit sal gesamentlik opleidingsprogramme ontwikkel. Dit sluit finansiële beplanning, kosteberekening van produkte en dienste, die implementering van ‘n besparingskultuur en basiese besigheidsbestuur in,” het Kahimise gesê.
Hy sê die raad hoop om ook ander finansiële instellings in die toekoms te betrek.
Mnr. Tshoombe Ndadi, voorsitter van Kongalend Financial Services, het beklemtoon gemeenskappe in informele nedersettings, met sosiale- en ekonomiese uitdagings, geteiken sal word.
“Om geld te leen is ‘n netelige saak, maar in die geval is dit gepas om met hierdie gemeenskappe te werk. Behoeftes kan slegs bevredig word as al die betrokke partye hul rolle doeltreffend vertolk. Die resultate tot dusver het al ons verwagtinge oortref.”
Hy het gesê die betrokke partye is tans in gesprek met die ministerie van nywerheidsontwikkeling, handel en SME-ontwikkeling in ‘n poging om die ministerie by die projek te betrek. – [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie