Cran ernstig oor seksvideo's
Reguleerder en polisie wil oortreders saam vervolg.
Augetto Graig
Die verspreiders van seksvideo's moet lig loop.
Die Regulerende Owerheid vir Kommunikasie van Namibië (Cran) is besig om aan 'n ooreenkoms met die polisie te werk om die verspreiders van seksvideo's op sosiale media op te spoor en te vervolg.
Volgens Cran se hoofregsadviseur, me. Emilia Nghikembua, sal die ooreenkoms hopelik binne die volgende maand of twee geteken word.
Nghikembua sê die Wet op Kommunikasie 8 van 2009 verbied nie net die verspreiding van seksvideo's nie, maar ook die bewustelike gebruik van kommunikasietoestelle om onwelvoeglike of onsedelike materiaal te versprei met die doel om 'n ander persoon te misbruik, dreig of teister.
Sy moedig slagoffers aan om dit aan die polisie te rapporteer.
Die saak sal dan ondersoek word voor dit na die staatsaanklaer se kantoor gestuur word.
Die aanklaer sal dan besluit of die beskuldigde vervolg moet word of nie, afhangende van die redes vir die verspreiding van die materiaal.
Elke saak sal op meriete hanteer word, sê Nghikembua.
Cran monitor nie tans individue se gesprekke of sosiale media aktiwiteite nie, sê sy, maar sal slegs reageer op sake wat onder die polisie se aandag gebring is.
“Ons betrokkenheid word deur die wet beperk en die polisie sal die spoor van die video na sy oorsprong moet volg.
“Ons het ook ons eie ondersoekbeamptes wat sal help met kwessies oor jurisdiksie.”
Die polisie het reeds ooreengekom om met kommunikasie-lisensiehouers saam te werk wat die opsporing van oproepe of ander elektroniese kommunikasie betref, sê Nghikembua.
Sy erken dat tegnologie vandag baie vinniger as wette en regulasies, ontwikkel.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie