Cran waarsku oor seksvideo's
Die skep en verspreiding van onwelvoeglike, obsene of onsedelike materiaal op sosiale media is 'n oortreding van die wet.
Dié waarskuwing kom van die
Regulerende Owerheid vir
Kommunikasie van Namibië (Cran).
Dit volg ná mediaberigte waarin onder meer selfone en rekenaars gebruik word om onwelvoeglike foto's, video's en klankgrepe te skep en te versprei.
Volgens 'n persverklaring wat vroeër vandeesweek uitgereik is, waarsku die owerheid dat die skep of verspreiding van enige pornografiese, onwelvoeglike of onsedelike materiaal met die doel om iemand te misbruik, te dreig of te teister, jou tronkstraf van tot vyf jaar of 'n boete van tot N$20 000 op die hals kan haal.
“Volgens die Namibiese Kommunikasiewet van 2009 is dit 'n oortreding en mense moet hulle daarvan weerhou daarvan om sulke materiaal te skep en te versprei. Cran sal oortreders vervolg,” lui die verklaring.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie