Craven beïndruk met elite kompetisie

Bykans 200 ryers in alle kate­gorieë het Sondag die nuwe plaaslike seisoen afgeskop.
Andrew Poolman
Dan Craven het Sondagoggend met sowat een sekonde eerste oor die eindstreep gery ná 110 kilometer van die eerste byeenkoms van die 2018 Nedbank padfietsreeks.

Craven, in die kleure van sy vorige borge Nedbank en Europcar, was 'n individuele inskrywing vir die byeenkoms wat op die Dordabis-pad gehou is.

Kort op sy agterwiel moes fyn gekyk word om die volgende drie ryers se plekke te onderskei wat saam-saam oor die eindstreep geblits het.

Met hul eindtyd bykans identies, is Drikus Coetzee (tweede) net-net voor Martin Freyer en Gerhard Mans junior geplaas.

“Die resies was vir my ongelooflik en ek het nog nooit so iets in Namibië gesien nie.

“Daar was 66 elite mansryers by die wegspring, van wie omtrent 16 in die voorste groep se jaagtog vir die eindstreep betrokke was.

“Dit is die grootste 'sprint finish' in enige Namibiese wedren waarvan ek nóg deel was.

“Sulke getalle is baie verblydend, want vorige jare sou 'n mens seker nader aan 16 elite mans onder die inskrywings gehad het.

“Ek glo die organiseerders verdien lof vir hul inisiatief om 'n spankompetisie as deel van die reeks bekend te stel. Die spanwerk en motivering wat daarmee gepaard gaan, het ooglopend 'n nuwe inspuiting vir die sport gegee.

“Vera Adrian, wat vir haar seisoen in Europa voorberei, het ook heeltyd saam met die voorste mansgroep gejaag en het (as 'n individuele inskrywing in die mansresies) algeheel elfde klaargemaak. Ek hou van haar ingesteldheid en dink dit sal haar goed te pas kom.”

Craven was verlede week die spanleier vir die nasionale manspan wat aan die Toer van Mpumalanga deelgeneem het.

“Dié toer het eers Donderdag klaargemaak met 'n lang skof van 200 kilometer. Dit was ses dae met geweldig baie klimwerk en met net twee dae rus tussenin was ons lywe nog nie ten volle herstel nie.

“Ek het dus nie Sondag baie aggressief gery nie. Die ander faktor was dat die tweede helfte van die resies, ná die omdraaipunt, teen 'n ongemaklike sterk wind van voor gery is. Om van die groep te probeer wegbreek, sou dus waarskynlik vir niemand die moeite werd gewees het nie,” sê Craven.

Bykans 200 fietsryers het Sondag in die verskillende kategorieë aan die eerste byeenkoms in die reeks deelgeneem.

Die tweede byeenkoms in die reeks word komende Sondag by Matchless aangebied.

Die daaropvolgende naweek se nasionale padfietskampioenskap (3 en 4 Februarie) sal ook 'n belangrike afspraak vir alle ernstige fietsryers wees, voor die Nedbank Cycle Challenge op 11 Februarie.

Die land se topryers berei voor op deelname aan die Afrika-kampioen­skap wat op 18 Februarie in Rwanda sal plaasvind.

• In die spankompetisie vir mans het Team Kia Elite die voortou geneem deur sy puntetotaal tot 24 op te stoot. Dit plaas die rooi truie met twee punte voor Team Cathy Scania, terwyl Get Graphics sy rekening met 13 punte geopen het en tans derde geplaas is.

By die vroue is R&R Importers (20 punte) die voorloper teen Vertec Ladies (6) en Delush (5).

Die individuele uitslae was soos volg:



MANS OPE

1 Dan Craven (individueel) 2:56:11

2 Drikus Coetzee (Team Kia Elite) 2:56:12

3 Martin Freyer (Hollard) 2:56:12

4 Gerhard Mans junior (Hollard) 2:56:12

5 Jo Joe Hamunyela (Team KIA Elite) 2:56:12

6 Ingram Cuff (Get Graphics) 2:56:12

7 Jaco Hanekom (Team Cathy Scania) 2:56:13

8 Jacques Celliers (Team Cathy Scania) 2:56:14

9 Schalk van der Merwe (Team KIA Elite) 2:56:15

10 Alex Buchner (Cycletec PSG) 2:56:15



VROUE OPE

1 Michelle Döman (R&R Importers) 2:31:30

2 Anneke Steenkamp (R&R Importers) 2:31:30

3 Irene Steyn (individueel) 2:31:48

4 Tersia van Zyl (Vertec Ladies) 2:35:05

5 Michaela Ham (Delush) 2:35:11

6 Antje Tietz (R&R Importers) 2:35:12

7 Maike Bochert (R&R Importers) 2:35:14

8 Lonel Smith (Delush) 2:35:15

9 Marion Schonecke (individueel) 2:35:15

10 Janine de Klerk (Vertec Ladies) 2:35:17



MEESTERS MANS

1 Gerhard Mans (senior) 1:48:11

2 Sakkie Schreuder 1:48:12

3 Andre Huysamen 1:48:13

4 Sarel Boshoff 1:48:13

5 Michael Lowe 1:48:21



MEESTERS VROUE

1 Barbara Ackermann 1:42:33

2 Mandy Huysamen 1:50:10

3 Karin Brockmann 1:53:35

4 Monica Ochse 2:44:32



GROOTMEESTERS MANS

1 Koos van Staden 1:47:06

2 Roland Graf 1:50:58

3 Siegfried Engels 1:52:34

4 Justin Ellis 1:56:19

5 Hans-Peter Drobisch 1:56:23



GROOTMEESTERS VROUE

1 Berrit Graf 1:09:55

2 Hester Cuff 1:19:39

3 Ulla von Holtz 1:45:58



B-KATEGORIE MANS

1 Paul Zah 1:46:59

2 Michael Pretorius 1:47:06

3 Danny Villinger 1:48:10

4 Marcel Suren 1:48:11

5 Paul Brinkmann 1:48:12



B-KATEGORIE VROUE

1 Mimi Hough 1:00:57

2 Suleika Heigan 1:08:03

3 Dawn Adams Redelinghuys 1:08:14

4 Hildie du Toit 1:12:49

5 Janda Nel 1:20:50



ONDER 16 SEUNS

1 Vosloo Justin 1:44:42

2 Hugo Hahn 1:46:00

3 Matthew-Mark Botha 2:42:37



ONDER 16 MEISIES

1 Monique du Plessis 1:59:13



ONDER 14 SEUNS

2 Kevin Lowe 1:59:13



ONDER 14 MEISIES

1 Ada Kahl 1:20:33



ONDER 12 SEUNS

1 Roger Suren 1:25:41



ONDER 12 MEISIES

1 Adrielle Baumgarten 0:30:35

2 Laura Engling 0:30:35

3 Syrah Chamberlain 0:33:50



ONDER 10 SEUNS

1 Henry Chamberlain 0:34:33

2 AJ Bruwer 0:39:11



ONDER 10 MEISIES

1 Nicole Suren 0:41:13



SPANNE, MANS

1 Team KIA Elite 2:56:12.83 (Drikus Coetzee, Jo Joe Hamunyela, Schalk van der Merwe, Andre de Klerk, Fanie Steenkamp, Cobus Smit)

2 Team Cathy Scania 2:56:14.55 (Jaco Hanekom, Jacques Celliers, Pierre Knoetze, Willie Mac van Zyl)

3 Get Graphics 2:58:21.77 (Ingram Cuff, Christo Swartz, Horst Neumann, Heiko Diehl, Adriaan Maartens)



SPANNE, VROUE

1 R&R Importers 2:32:44.25 (Michelle Doman, Anneke Steenkamp, Antje Tietz, Maike Bochert, Hester Prins, Silke Bean).

2 Vertec Ladies 2:35:25.78 (Tersia van Zyl, Janine de Klerk, Kai Munting, Patricia Hoeksema, Lelani Swart, Wanette Meyer).

3 Delush 2:35:38.50 (Michaela Ham, Lonel Smith, Adele Conradie, Samantha Geyser, Vicki Vosloo, Marguerita Maritz).



NUWE SPAN VIR CRAVEN

Dan Craven het 'n aanbod van sy vorige beroepspan, die Israeliese Fietsryakademie, van die hand gewys sodat hy met meer aandag op vanjaar se Statebondspele in Australië kan fokus.

Volgens Craven het hy vir die grootste deel van verlede jaar nie die gewenste resultate behaal nie, totdat hy met mediese hulp begin het om die effek van 'n paar ligte beserings te neutraliseer.

Hoewel die Akademiespan gevolglik besluit het om nie weer sy volwaardige kontrak te hernu nie, het hulle hom 'n posisie in hul ontwikkelingspan of spanbestuur aangebied.

Craven, wat vroeër vandeesmaand naby sy tuisdorp Omaruru met sy Engelse verloofde Collyn Ahart getroud is, sê hy het intussen by 'n kleiner span in Duitsland aangesluit.

“Hulle kalender sluit deelname aan onder meer die Toer van Senegal, Algerië, Burkina Faso, Indonesië en Maleisië in. Dit sal my beter pas ten einde vir die Statebondspele voor te berei.”

Kommentaar

Republikein 2025-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer